Sirkel: Worcester
Tak: VLV Ceres
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Louwna Hoving
Datum: 17 Februarie 2023
Ria Prins van Huis Maudie Kriel verduidelik wat dimensie is en die hantering van die pasiënt.
Die siekte tas die funksionering, kommunikasie en denke van ‘n persoon aan. Daar is geen genesing daarvoor nie en is dus onomkeerbaar. Dit word in drie fases verdeel: fase 1 word verandering in optrede bespeur, soos ongeduldigheid, angstigheid, misplasing van iets; fase 2 se simptome is verwardheid, kort aandagspan, ronddwaal, moeilike aantrek van klere; fase 3 kan spraak aantas, verandering van persoonlikheid, eetprobleme, urineweginfeksie, bedlêend raak, wat ook druksere kan veroorsaak.
Hoe moet so ‘n persoon hanteer word? Behandel hulle met resprek, lees vir hulle voor, speel musiek. Kleure word moeilik onderskei, gewoonlik word rooi en blou maklik onderskei, maar nie wit of pienk nie. Moenie ‘n klomp goed op een slag wys nie. Hou prente eenvoudig. Hulle reageer ook makliker op ‘n prent as op geskrewe aanduidings, soos byvoorbeeld by die toiletdeur. Vermy los matte of insteekskoene om te keer dat hulle val.
Dit is baie belangrik om na jouself ook om te sien as jy na so iemand moet versorg. Dit verg baie geduld en liefde.
Annelie Fourie demonstreer die maak van ‘n gesonde kaasbord met vrugte.
Valentynsdag is ook gevier met pragtige verwelkomingsvlaggies en lede wat in rooi getooi was.
Marjan Starke deel wenke oor sjokolade.
- Vicki Ferreira dra ‘n liefdesgedig voor.
‘n Liefdesliedjie word gesing deur Ronel du Toit, Marjan Starke, Vicki Ferreira en Elsa Hanekom, met kitaar- en melodicabegeleiding.
Joy van Biljon vra dat lede na die sterrehemel moet kyk vir die komeet en deel aan lede ‘n skets uit waarna om te kyk.
Leave A Comment