Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Leefstyl
Aanbieder: Erika Linde
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 15 Februarie 2023
Tapas is ‘n aptytwekker of peuselhappie in Spaanse kookkuns maar kan ook ‘n hele maaltyd vorm. Volgens Erika Linde verwys tapas of antipasti na die styl van voedselbediening eerder as na spesifieke disse. Dit gaan oor die kuier en gesels terwyl daar geëet word. Klein porsies kos word bedien en sommer met die hand geëet. Brood, kaas, vrugte en groente in seisoen, vleis en gewoonlik olywe en druiwe word bedien.
Daar is drie soorte tapas: peuselhappies wat met die hand geëet word, happies wat met peusel-stokkie geëet word en klein bakkies kos wat in ‘n sous bedien word. Gewilde tapas is gepekelde ham, gemarineerde ansjovis, frikadelle met sterk gegeurde tamatie-sous, blokkies gaar aartappel gebraai in olie, krokette, gebraaide calamari en garnale met knoffel.
Sy demonstreer tortilla of Spaanse omelet met aartappel en uie. Ouer brood word met olyfolie en knoffel gesmeer en dan gerooster. Brood word met roomkaas of geurige tamatiesous bedien.
Lede ontvang lidmaatskaptoekennings: Charlotte Bouwer 20 jaar en Trudie Kok 30 jaar.
Erika Linde
Verskillende peuselhappies
Leave A Comment