Sirkel: SWD
Tak: Klein- Brakrivier
Inligtingsdag
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 8 Februarie 2023
SWD Sirkel het ‘n baie produktiewe kompetisie Inligtingsdag in Klein-Brakrivier gehou. Die dag is ondersteun deur 13 van die 15 Takke, met ‘n rekordgetal van 130 verteenwoordigers.
Die aanbieders was Trienie Barnard, SWD beoordeelaars Linzetta Smit en Johlene Muller, Anita Fourie, Engela Buys en Driekie Uys.
Klein-Brakrivier Tak het benewens ‘n pragtige saal onder Vise-voorsitter Lynette Nel se leiding, ook heerlike kos bedien. Aanbiedings deur beoordelaars is ook vir die eerste keer met nuwe tegnologie, waar die kamera op demonstrasies fokus en dan op ‘n skerm gegooi, aangebied. Groeipyne met dié proses is so gou moontlik uitgesorteer.
Alhoewel dit ‘n warm dag was, was dit effe bewolk en daar was geen kragonderbrekings nie, totale vreugde vir almal teenwoordig. Die kleur van die dag was “Lavender” wat met strikkies vir almal aangespeld was as bewustheid van alle kankers. Die Klein-Brakrivier tak doen hierdie jaar met elke vergadering, bewustheid van ‘n verskillende kanker, elk deur ‘n eie kleur verteenwoordig.
FOTOGRAFIE: LAYLA BELLE PHOTOGRAPHY https://www.facebook.com/LBDPhotographysa?mibextid=ZbWKwL
BORGE: BRINKLEY KLEIN-BRAKRIVIER
HARCOURTS HARTENBOS
LEON KOTZE van P&P GROOT-BRAKRIVIER
Leave A Comment