Sirkel: Weskus

Tak: Eendekuil

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lydia le Roux Selnommer: 073-087 0231

Datum: 2023-02-08

Woensdag 8 Februarie was ons eerste byeenkoms vir 2023 met Johanna Rossouw van Gesondheid aan die beurt.

Johanna se kleindogter, Liza Schoeman, vermaak ons met ‘n gediggie deur Cloudine Kellerman : “Die Boelie”.

Ons VLVK-tema van die jaar : Die uitdaging van verandering, sluit aan by die moeilike onderwerp van bespreking:  Kanker.  Johanna gee inligting deur oor mammogramme en sonars.

Met eerstehandse ondervinding van die stryd teen borskanker, gesels ons Voorsitter, Marié Grobbelaar, oor die onderwerp:  Borskanker en die emosies wat  jy ervaar, hoe die diagnose van borskanker in 2017 haar en haar gesin se lewens verander het.

Professor Justus Apffelstaedt het die volgende inligting op Google gedeel:

“Na onlangse navorsing is bevind dat daar hoofsaaklik 4 tipe gewasse is – naamlik die HER 2-, Luminal A-, Luminal B- en die Trippel-negatiwe-tipe. “

Die statistieke wys dat een uit elke 25 mense borskanker kry.  Borskanker is ‘n geneeslike siekte indien dit vroeg genoeg opgespoor word.  Wanneer jy ‘n knop in jou bors, borswand of onder jou arm voel, asook enige verandering aan die vel of tepel sien, moet jy so gou as moontlik werk maak daarvan.

Volgens ‘n berader, Alitha Watkins het die diagnose van borskanker ‘n domino-effek  op jou en die mense na aan jou se lewens.  Heel aan die begin, kan jy die volgende emosies ervaar:  angs, hartseer, ontkenning, depressie, woede, verwyte, beskuldigings en skuldgevoelens.

Sy vertel van al die ondersoeke en prosesse waardeur sy moes gaan tot en met die operasie.  Al hierdie ondersoeke veroorsaak baie spanning en die lang wag tot jy eindelik geopereer word, is die ergste van alles.

Die pad na herstel is moeilik: die dokters is egter 95% seker daarvan dat alle kanker verwyder is.  Vandag, 11 jaar later is sy steeds kankervry.

VLV Eendekuil: Bestuur vir 2023:

Van agter links: Alicia Hanekom, wat instaan vir Hanlie Brand by Opvoeding en Kultuur, Michelle Visser van Openbare Sake, Herma Rossouw, Finansies, addisionele lid, Aneske Mouton en Lettie de Waal, Leefstyl.

Voor: Johanna Rossouw, Gesondheid, ons voorsitter, Marié Grobbelaar en Lydia le Roux, Kunste en Handvlyt.