Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 7 Februarie 2023
Dinsdagmiddag 7 Februarie 2023 se Landbouvergadering van Madelé Burger was ‘n treffer!
40 stuks VLV vriendinne het vars room en vrugteslaai, wenke oor ‘n gesonde finansiële begroting, ook oor takbeoordeling en ‘n aanbieding oor Nooitgedacht Varsprodukte se hidroponika (‘n 6000m² miniboerderyprojek) van Dr Ian Goldie gekry.
Die tak se tradisionele valentynsfoto het die Suidernuus gehaal en daar was selfs ‘n keurig gedekte valentynstafel in die voorportaal.
Leave A Comment