Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 7 Februarie 2023
Gasvroue Milly Myburgh, Thea Basson en Jackie Genis
Liza Haman, Kampushoof van Boland Kollege, het haar passie oor Mindfulness met die taklede kom deel.
Beste Afrikaanse woord vir Mindfulness is Bewustheid. Daar is vandag soveel stress en uitdagings en om Mindfulness te beoefen, help jou om dit beter te hanteer. Dit help jou om jou probleme beter te adressseer.
As jy byvoorbeeld ly aan kroniese pyn, beïnvloed dit later jou kop en denke. Mindfulness bring beheer terug in jou lewe. Dit verbeter fokus en konsentrasie in ‘n leerderomgewing en ‘n gevoel van welstand. Onderwysers wat ly aan uitbranding, kan ook baat by die beoefening van Mindfulness. Dit kan stres en angs verminder wat opvoeder- en leerderprestasie ondersteun. Dit laat jou gelukkiger en beter voel. Dit vermeerder simpatie, meegevoel en deernis met ander.
Stres en angstigheid gaan gewoonlik oor die verlede of die toekoms. Dit lei tot ‘n veg-of vlugreaksie. Ons is nooit opgelei hoe om ons gedagtes terug te bring na die hier en nou nie. As daar iets slegs met jou in die verlede gebeur het en jy dink terug daaraan, ervaar jy soms weer daardie slegte ervaring. Moenie daarby vashak nie. Sê vir jouself om terug te kom na nou. Geniet die oomblikke, want die gevaar bestaan dat jy die goeie oomblikke in jou lewe kan mis. Hoe raak ‘n mens dan meer teenwoordig? Jy kan jou brein leer om meer teenwoordig te wees deur meditasie. Daar is ‘n paar wanopvattings oor meditasie naamlik dat jy in ‘n sekere posisie moet sit en dat dit net ‘n godsdienstige oefening is. Die slotsom is dat jy dit enige plek, enige tyd kan oefen en dis gratis! Dit is nie ‘n wondergeneesmiddel nie, maar ‘n groot hulp.
Leave A Comment