Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Hermien Van Zyl
Fotograaf: Alice Van Rooyen
Datum: 31 Januarie 2023
Met die eerste vergadering van 2023 het VLV-tak Kleinmond afgeskop met die VLVK-tema vir 2023, nl “Die Uitdaging van Verandering”.
Dr Maritha Grobler, afgetrede dosent aan die Universiteit van Namibië, het die gehoor in die holte van haar hand gehad met haar praatjie. Sy kon uit ‘n akademiese sowel as persoonlike oogpunt na hierdie gegewens kyk en raad gee, want sy het ook persoonlike trauma gehad. “Verandering tree in ná verlies” sê Dr. Grobler “en hierdie nuwe situasie, hierdie wysiging/afwisseling maak ook van die persoon, ‘n nuwe mens met nuwe ervarings waarmee saamgeleef moet word, nie maar net verwerk moet word nie.
Verandering beïnvloed ‘n persoon se hele wese en die snelheid asook intensiteit waarmee die verandering plaasvind, beïnvloed ook die reaksie daarop. Vriende, terapeute en God is dáár vir jou. Steun op hulle vir opruiming, vir uitpraat, vir fisiese hulp om ‘n greep te kry op die nuwe persoon wat jy nou is”. Alice van Rooyen het haar bedank.
Dr Maritha Grobler(links) saam met voorsitter Louise Bruwer
Alice van Rooyen het haar bedank
Links: Carlotte Kiesling (links)het haar 5 jaar-knopie ontvang en Marietjie van Vuuren haar 15 jaar-knopie
Regs: Mariaan de Wet (saamroeper Opvoeding ), links, het Maryna Brits se 10 jaar-knopie oorhandig, sowel as die trofee vir blomme wat sy in 2022 verwerf het.
Thinus Ries het vir Mari de Beer begelei met die sing van die Velia-lied uit The Merry Widow van Franz Léhar en hulle het ook ‘n duet gesing.
Jenna Hanekom het “Morsbags” uitgedeel en vir die lede verduidelik hoe belangrik dit is dat plastieksakke verdwyn en met lapsakke vervang word.
Eetgoed was ‘n vrugtefees!! Salomé Malherbe , ‘n nuwe lid, saam met die spreker.
Die tak verwelkom ook vir Marié Buys, voorheen ‘n lid van Vaalwater-tak, Limpopo.
Die marktafel het gekreun onder al die handvaardighede en lekkernye.
Leave A Comment