VLVK

Boomplantseremonie

Beriggewer: E Du Plessis

Datum: 19 Januarie 2023

 

Op Donderdag 19 Januarie 2023 het ‘n pragtige boomplantseremonie by Long Acres Privaatskool en Seeskulpie Kleinkindontwikkelingssentrum te Langebaan plaasgevind, gereël deur Mev. Estelle du Plessis, VLVKaapland, president.

Mev. P. Oettle, Mnr E. Barkhuyzen, Hoofleiers, Minister Meyer, Mnr. Boffie Strydom, Mev. Charmaine Laubcher

Minister Ivan Meyer, het die boomplantseremonie waargeneem.   Die geleentheid is bygewoon deur die Burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, die onderburgemeester van Saldanhabaai Munisipaliteit asook die Sirkel President van Sirkel Weskus, die Voorsitter van Langebaantak asook die Landbou- & Tuinbou Saamroepers van die Sirkel en Langebaan.

 

Minister Meyer                                             VLVK-president, Mev E du Plessis en Minister Meyer

Minister Meyer het VLVK geloof vir die werk wat in talle gemeenskappe gedoen word.  Hy het die gaste, personeel en leerders geïnspireer om elke uitdaging te aanvaar en daarna te streef om ons nie deur die omstandighede in ons land te laat onderkry nie.

Dit is ‘n gebruik dat VLVK aan die Dankie Persoon tydens die jaarlikse Kongres ‘n kontantbedrag oorhandig saam met die oorkonde.  Minister Meyer was in 2022 ons Dankie Persoon vir sy uitsonderlike bydrae tot die Landbou in die Weskaap.  Minister Meyer het egter hierdie bedrag teruggegee aan VLVK en die dagbestuur het dit goed gedink dat die geld aangewend moet word om VLVK se projek: Bome vir ons kinders, te onderstreep.  Minister Meyer het aan VLVK ‘n uitdaging gestel om ‘n 1000 bome te plant. 100 Bome is deur Minister Meyer geskenk aan Sirkel Weskus wat reeds in verskeie dorpe geplant is.

Twee Rooi Essenhoutbome is geplant, geskenk deur VLVK en Elim Gemeente, Langebaan.

Die Hoërskoolkoor het die pragtig lied “Don’t kill the world” gesing. Die Hoofleiers het Minister spesiaal by die geleentheid verwelkom.

Mnr.Edmund Barhuizen, hoof van Long Acres het die volgende woorde van Kahlil Gibran aangehaal: Trees are poems, which the earth writes upon the sky.

Die kleuters van Seeskulpie het ‘n erewag vir Minister Meyer gevorm om hom te verwelkom.  ‘n Spesiale koek met ‘n trekker op is vir die Minister gebak.  Minister Meyer het op ‘n besondere wyse met die kleuters gekommunikeer.  Mev. Petrie Oettle het met trots aan die Minister hul pragtige groentetuin gewys, waar groenteplantjies deur die kleuters geplant en groente later geoes word vir gebruik by die naskoolsentrum.

Minister Meyer gesels met die kleuters

 

 

 

‘n Trekkerkoek is spesiaal vir die Minister gebak

 

 

 

Mev. Estelle du Plessis het namens VLVK dank teenoor Minister Meyer asook aan albei die skole vir deelname aan die pragtige geleentheid uitgespreek.   

.

VLV-lede teenwoordig

 

 

 

 

 

Mev. P. Oettle, Ds. Christo du Plessis, Mnr. E. Barkhuyzen, Hoofleiers, Minister Meyer, Mev. Estelle du Plessis.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die bokkie het ook kom kyk

 

 

Die skool kweek hul eie groente

Die tuingereedskap word netjies gebêre