Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 26 Januarie 2023

Gesinsgeweld is ‘n realiteit wêreldwyd!

Aberdeen VLV  skop die jaar af met hul eerste vergadering. Lea van der Vyver verwelkom al die lede waarna Adele de Jager met skriflesing open.

VLV sake word bespreek. Vanjaar bied Aberdeentak Sirkel Middelland Konferensie aan. Baie tyd is spandeer om al die detail en beplanning fyn deur te trap.

 

 

 

 

 

Diane Bertram aan die woord

Saamroeper vir Gesondheid, Adele de Jager, nooi me Diane Bertram, maatskaplike werker van Graaff-Reinet, om haar jarelange ervaring met die dames te deel. Die tema van haar praatjie, was “Gesinsgeweld is ‘n realiteit wêreldwyd”. Dit het vir almall baie stof tot nadenke gegee by die besef in watter groot mate gesinsgeweld plaasvind!

Die bekendste vorm is fisiese mishandeling, maar interessant genoeg nie die ergste vorm nie. Emosionele en sielkundige mishandeling is die ergste. Eers wanneer ‘n vrou GLO en VOEL die mishandeling was nie haar skuld nie, sal sy uit so ‘n verhouding kan stap. Die hoofrede waarom mans hul vroue mishandel, kan terugverwys na hul kinderjare, en dan is die siklus geneig om homself te herhaal.

 

 

 

Natuurlik kan ons nooit vergader sonder heerlike lekkernye om aan te smul nie. Dankie aan Annalie Lategan en Adele de Jager vir die smaaklike eetgoed wat so keurig voorgesit was!  Lizé de Jager wen die gelukkige trekking van die dag.

Foto 2:  Adele de Jager, Gesondheid Saamroeper, oorhandig ‘n geskenkie aan Diane Bertram

Die pragtige teetafel

Agter:  Karin Pienaar, Annalie Lategan, Elna van Niekerk, Karen van Rensburg, Lizé de Jager, Carina Esterhuizen, Christelle Nel, Adele de Jager & Lea van der Vyfer .    Foto 1:  Diane Bertram aan die woord oor:  Alet Gouws, Suzanne Lategan, Elise Steynberg & Clarissa Lategan