Sirkel Worcester

Tak:  VLV Ceres

Openingsvergadering

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@breede.co.za

Datum:  24 Januarie 2023

 

BEKENDSTELLING VAN VLV

Hannelie van Schalkwyk, Voorsitter

Wat is die VLV? – Die Vereniging is op 15 Oktober 1929 deur mev. Jossie Ackermann gestig.

Die swart potjie wat prut op die vuur dien as embleem en die leuse van VLVK  is Vir Huis en Haard.  Die Vereniging stel haar ten doel om die vrou met kennis te bemagtig.

Sy verduidelik ook die Organogram vanaf Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV), wat in 9 Areas verdeel is en waarby VLVK geaffilieer is in die Suidelike Afrika-area.  Die huidige president, mev. Magdie de Kock, is van Suid-Afrika.  VLV is trots dat ons nie geboikot was toe Suid-Afrika onder die boikot-era deurgeloop het nie.  Vriendskapsmunte word jaarliks ingesamel vir die instandhouding van die WBPV-kantoor en om die reiskoste van die VLVK-president na WBPV-konferensie te help delg.

VLVK, met mev. Estelle du Plessis as huidige president, bestaan uit 17 Sirkels, elk met ‘n Sirkelpresident.  Die Sirkels bestaan uit Takke, elk met ‘n Voorsitter en lede wat dus ook lidmaatskap by die WBPV verkry deur hul ledegeld wat jaarliks betaal word.  Daar is tans 135 takke met 3 130 lede.  Ceres-tak het tans 48 lede en is deel van Worcester-sirkel wat bestaan uit die volgende takke:  Bonnievale, Ceres, Maria Stofberg, Montagu, Rawsonville, Robertson en Worcester.

Daar word ook jaarliks ‘n Konferensie in die Sirkel aangebied waarheen drie tak-afgevaardigdes en dagbesoekers gaan, asook ‘n jaarlikse Kongres vir al die Takke van Kaapland met een afgevaardigde per tak en dagbesoekers.  Vanjaar se Konferensie vind op Montagu plaas en die Kongres te Hartenbos.

Hannelie van Schalkwyk vertel ook van ‘n paar interessante beskrywingspunte wat deur VLV geïnsieer is: verskillende groottes van nylon sykouse, voldoende beligting aan sleep-waens, vervaldatums op kosprodukte, gehalte en kleurvastheid van gare, kragbe-sparingswenke  vir oonde, vullishouers op nasionale paaie, binnesole vir skoene, datums op saadpakkies, voetganger- en fietsryersstroke, rolstoelvriendelike randsstene, verlaging van alkohol persentasie van 0.15 na 0.08 en gebruik van asemtoetse, versoek vir strenger regulasies vir seelewe en instel van natuurreservate, sperstrepe en pyle op paaie en die vertoon van aartappels se variëteit op die sakkie.

Die verskillende studierigtings word deur musiek bekendgestel en lede raai watter een dit is en die Saamroepers gee ‘n kort oorsig oor haar studierigting.

 

 

 

 

Judith Bruwer

 

Gesondheid – Dokter deur Jeroen Schipper.  Sy verduidelik wat alles in die Program-leiding behandel kan word, onder andere pandemies, geestesgesondheid, maselinentingsveldtog en borskanker by mans.

 

 

V.l.n.r. Martél Bakkes, Alida Kriel, Mareen van der Merwe, Joy van Biljon

Landbou en Tuinbou – Ploeg jy? deur Ricus Nel.  Joy van Biljon en haar span demonstreer hulle studierigting met verwysing na indringer bome in area, troeteldiere, snoeiskêr, Land-bouweekblad, drasak met appelmotiewe op, tuinbougereedskap en sterrekundeprent.

 

Marjan Starke

Tuisteskepping – Waterblommetjies deur Laurika Rauch.  Navorsing deur Universiteit Que-bec dui daarop dat twee miljard koppies koffie daagliks in die wêreld gedrink word.  Die kweekhuisgasvrystelling van ‘n koppie koffie, gemaak in ‘n filterkoffie-masjien, is een en ‘n half keer meer as wanneer ‘n kapsulemasjien gebruik word.  Vier maniere van koffiemaak is getoets:  filterkoffie, koffiekapsules, dompelpotkoffie en kitskoffie.  Die resultate het getoon dat filterkoffie die grootste koolstofvoetspoor het, omdat dit die meesste gemaalde koffiebone gebruik en ook elektriese krag verbruik om warm te bly.  Dit gebruik 25 g om 280 ml te maak, vergeleke met 17 g in ‘n dompelkoffiepot, 14 g in ‘n kapsule en 12 g in kitskoffie.  Kitskoffie is dus die omgewingsvriendelikste opsie omdat minder koffie nodig is, minder elektrisiteit en daar geen organiese afval is nie.

Die maak van verskillende vorms mooi toebroodjies  word demonstreer.

 

 

Ronel du Toit

 

 

 

Naaldwerk – Die Witbroek deur Randall Wicomb,  Sy vertoon verskeie artikels wat as naald-, brei- of hekelwerk gedoen kan word:  Hangeroortreksels, juffrousak met los binne-kant, hemde, glasmatjies met laslapwerk, vatlappe, geborduurde nagrokke wat meer as 80 jaar oud is en sagte speelgoed.

Vicki Ferreira

Openbare Sake – Tronk deur Coenie de Villiers.  Verskillende toga’s van die aanklaer, landdros en die beffi van die landdros en advokaat word vertoon.

 

Linda Smit

 

Opvoeding en Kultuur – Skool deur Heinz Winkckler.  Die Museumvereniging se aktiwiteite word deurgegee en interessanthede uit die verlede van die dorp, soos die hotel wat regoor die kerk was en die dominee wat op die hotel moes kyk as hy op die preekstoel was, asook verhale wat dateer uit die konsentrasiekampe van die Wêreldoorlog.

Lede sorteer 10 woorde uit die Warwoordeboek vir Afrikaanse Taal met 10 verklarings om bymekaar te pas, bv. Makou – kêrel wat nie wild is nie.

 

Hannelie van Schalkwyk

Kunste en Handvlyt – Starry Night deur Josh Groban.  Verskillende musiekgenres sal behandel word.  Sy het haar vermom soos ‘n sanger tot groot vermaak van die lede.

Webwerf:  Louwna Hoving, webmeester, verduidelik kortliks hoe die rekenaar en VLV-webwerf in gebruik geneem is en gelei het tot die Rekenaargeletterdheidsprojek om VLV-lede te bemagtig.  Die webwerf word gebruik om inligting, berigte, kennisgewings en foto’s aan lede deur te gee, asook die kwartaalblad Huis en Haard.. Takke gebruik deesdae die Facebook-blad om nuuswaardighede bekend te maak. Sy verduidelik ook dat die by bly met die nuwe tegnologie gebruik was om ‘n virtuele Kongres tydens Covid-tydperk aan te bied.

Die Huis en Haard word ook nou digitaal versprei omdat drukkoste geweldig hoog geraak het en die Poskantoor se verspreiding nie meer ‘n opsie is nie.

Tharina Steyn oorhandig die volgende diensjaarkentekens:  v.l.n.r.:  10-jaar: Vicky

Ferreira; 20-jaar:  Wilna van Wyk;  30-jaar:  Marjan Starke;  50-jaar: Louwna Hoving.