Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aandtak
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 17 November 2022
- Ilza Potgieter, sentrumbestuurder van die ACVV Noorder-Paarl is die spreker
- Die ACVV bestaan al vir 118 jaar
- Die ACVV se rol is naastediens – welsyn, opheffing, bejaardesorg, opvoeding, behuising, maatskaplike dienste, ongeag geslag, geloof, ouderdom, taal of kultuur
- In die Paarl is 2 ouetehuise onder die ACVV se vlerk – Rusoord en Vergenoegd
- In die Paarl is 2 ACVV-dienssentrums wat diens aan die gemeenskap bied
Gemeenskapsbetrokkenheid is van onskatbare waarde – die skenk van klere vir die klerebank, ondersteuning van fondsinsamelings en verkopings, bydraes tot Kersgeskenke vir ouer persone en behoeftige kinders, borg van die daaglikse bord kos wat staatspensionarisse vir R40 kan koop.
V.l.n.r. Ilza Potgieter (spreker), Adél du Plessis, mev. Elna Hugo (96) gas – Adél du Plessis help die gas, mev. Elna Hugo (moeder van die spreker) om die kers van Welwillendheid aan te steek
Mev. Elna Hugo met die kers van Welwillendheid
Leave A Comment