Sirkel: Weskus

Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Maggie Enever

Datum: 19/01/2023

VLV Sirkel Weskus

Ministerie van Landbou: Boomplantseremonie

   

Dr Ivin Meyer, Wes-Kaap Regering Mnister van Landbou, het Long Acres Privaatskool en Seeskulpie Kleinkindontwikkelingssentrum in Langebaan besoek. Hy en Mev Estelle Du Plessis – President VLVK het bome by die onderskeie skole geplant. Ander gaste teenwoordig was Mnr Boffie Strydom – Burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit; mev Elsabe Carstens –  Sirkelpresident Sirkel Weskus; Mev Maggie Enever – Saamroeper Landbou & Tuinbou Sirkel Weskus en VLV Langebaan  bestuurslede.

Vlnr Mevv Riana Pienaar – Sameroepster Landbou en Tuinbou Langebaan; Maggie Enever, sameroepster Landbou en Tuinbou Sirkel Weskus; Dr Ivan Meyer, Mevv Estelle Du Plessis – President VLVK; Elsabe Carstens –  Sirkelpresident Sirkel Weskus; Charmaine Laubscher – Onderburgemeester Saldanhabaai Munisipaliteit en Louna Niehaus – voorsitter Langebaan VLV.

Uie-oes uit die groente tuin van Seeskulpie Kleinkindontwikkelingssentrum.

Heel links, mev Petrie Oettle – Hoof Seeskulpie

   

Marietjie van Jaarsveld – Kantoorhoof, Ministerie van Landbou; mnr Edmund Barkhuizen – Hoof Long Acres Privaatskool; Ds Christo du Plessis – Predikant Elim Gemeente; mev Estelle Du Plessis –  President VLVK; hoofleiers –  Long Acres Privaatskool en mnr Daniel Johnson – media persoon.