Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 18 Januarie 2023

VROEG UIT DIE VERE

Klein-Brakrivier het reeds vroeg in Januarie 2023, met vuur en vlam weggespring. Die eerste geleentheid was onder die Opvoeding- en Kultuur vaandel, met ‘n vol saal lede en gaste wat vreeslik uitgesien het om weer saam te kuier. Elke portefeulje sameroeper het ‘n pragtige tafel gedoen wat haar studierigting uitbeeld, sodat gaste en nuwe lede alles visueel kon waarneem.

Opvoeding & Kultuur, Kunste & Handvlyt en Leefstyl

                    Openbare Sake, Landbou & Tuinbou en Gesondheid

Deur die loop van die oggend was daar ‘n verskeidenheid aanbiedinge. Eerstens was daar ‘n kort opsomming van Osteoporose – hierdie jaar gaan die tak elke maand bewustheid van ‘n spesifieke siektetoestand benadruk (Lynette Nel het strikkies vir elke persoon gemaak).

Die fokus vir die Opvoeding- en Kultuur portefeulje was ‘n oorsig oor die ontstaan en geskiedenis van die Vroue Landbouvereniging, met klem op die relevansie vir vandag; die geskiedenis en verbintenis tot Wêreld Bond van Plattelandse Vroue; Jubileumhuis se oorsprong, geskiedenis, ligging; asook die doelstelling van die organisasie.

Die kreatiewe Retha Nagel het ‘n voorlesing van haar eie werk gedoen. Cecilia Pieterse het meer oor die boom-, en voël van die jaar vertel.

   

Retha Nagel                                                                                        Cecilia Pieterse

Gerda Siebrits het lede oor die tak se hoofprojek – ‘Hulp vir Jannie’ – ingelig en Retha Horn het die konsep van ‘Geheime Vriendinne vir 2023’ verduidelik. Voordat almal kon smul aan lekker eet- en drinkgoed is daar ook twee ere-lidmaatskap sertifikate en balkies vir jarelange verbintenis tot die organisasie, aan tannie Rina Taljaard en Tiebie van der Walt oorhandig. Hester Krige en tannie Ina Greeff het reeds met 2022-afsluiting hulle erelidmaatskap ontvang.

 

 

 

 

Rina Taljaard en Tiebie van der Walt

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hester Krige en Ina Greeff

 

 

 

 

 

Die hoogtepunt van die oggend was die eregas – die sangeres en motiveringspreker – Natasha Joubert. Sy het deur sang en gesprek geestesweerbaarhede soos geloof, kennis, keuses en hantering van krisisse, almal gemotiveer en geïnspireer. Natasha het geopen, liedjies onder luide applous gelewer en sy het ook ‘n gepaste uitstalling gedoen.

Natasha Joubert

 

 

 

Retha Horn oorhandig ‘n ruiker aan Natasha

 

 

 

VLVK-tema vir 2023: Die uitdaging van verandering / The challenge of change

VLVK-projek: Bome vir ons kinders / Trees for our children

Lede en gaste wat lootjies gewen het

     

Leatitia Steyn geniet ‘n heelike koppie tee.                    Ons kultuurgeskiedenis