VLVK President

3 Desember 2022

Gradeplegtigheid – Elsenburg Landbou Kollege

Dit was ‘n besondere voorreg om VLVK te verteenwoordig by die pragtige geleentheid.

Minister Ivan Meyer het ‘n inspirerende boodskap oorgedra aan die ouers en studente en daarna verwys dat die ouers nie net baie moes betaal vir hul kind se studies nie, maar ook baie ure op hul knieë in gebed deurgebring het vir hul kinders se studies.

177 Studente het diplomas en grade ontvang.  Die drie top studente was al drie dames.

Die Dux student, Anja Smit, het drie buitgewone toekennings ontvang nl.

1.The National Wool Growers Association Award in Wool Production

  1. Best Student in Animal Health: Small Stock
  2. Best Student in Animal Health: Large Stock

Sy het ook haar graad Cum Laude verwerf.

Daar was baie vreugde en opwinding, maar die geleentheid het ook ‘n hartseeroomblik  gehad, toe die ouers van ‘n student, wat twee maande gelede in ‘n motorongeluk gesterf het, sy graad ontvang het.

Minister Ivan Meyer, hoofspreker by die geleentheid
Minister Meyer en VLVK-president, Estelle du Plessis
Dr.M. Sebopetsa, Departementshoof van Landbou in die Wes-Kaap en Estelle du Plessis
Die drie top presteerders
Anja Smit het drie spesiale toekennings gekry en was die Dux student in B. Agric.