Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 9 Desember 2022
Aberdeen VLV oorhandig ‘n skenking van handsakke, gepak met noodsaaklike toiletware en bederfies, asook linne en handdoeke, aan Siya Phambili Skuiling vir Mishandelde Vroue in Graaff-Reinet. Die idee is dat die handsakke gegee word aan vroue wat daar opgeneem word.
Die skuiling se naam beteken “Together we move forward” en daar is streng riglyne waarvolgens ‘n vrou daar opgeneem word. Dit verhoed dat enigeen, wat nie werklik in nood is nie, die geriewe misbruik. Tydens hulle verblyf ontvang die vroue berading en word ook van toepaslike opleiding en hulp voorsien om weer ‘n lewe te bou. Hulle word dus bemagtig om op hulle eie voete te staan en vir hulself en hul kinders te sorg. Daar is dikwels babas en klein kindertjies wat saam met hulle Ma’s daar bly.
Die skuiling is in ‘n huis wat pragtig ingerig is, baie skoon en netjies – voorwaar ‘n veilige skuiling en oase vir die mishandelde vrou en haar klein kindertjies.
By die tafel vol handsakke en linne:
Vlnr: Maudy Calvert (Skuiling Huismoeder), Elna van Niekerk (VLV Saamroeper Landbou & Tuinbou), Diane Bertram (Skuiling Voorsitter) en Lea van der Vyver (VLV Aberdeen Voorsitter).
Handsakke oorhandig aan twee vroue wat tans by die skuiling is.
Vlnr: Maudy Calvert, Diane Bertram, Elna van Niekerk, Brynmor Murens, Lea van der Vyver en Precious Yaya.
Kaartjie wat aan elke handsak vol toiletware vasgemaak is.
Leave A Comment