Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Afsluiting

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 23 November 2022

Aberdeen VLV hou ‘n baie gesellige en leersame afsluiting in Luise de Jager se pragtige tuin op die plaas Allemanskraal. Tafels was gedek onder lieflike koeltebome en die dames was omring van agapante en daglelies wat in volle blom is. Luise vertel ons meer van haar nuwe boervrou-bedrywigheid, nl die bestuur van byekorwe en die gepaardgaande verwerking van heuning.  Sy deel ook haar kennis van die Karob/Johannes broodboom, waarvan sy al baie geplant het die afgelope byna twintig jaar.

Die dames kon ook fisies sien waar Luise die heuning verwerk, wat baie leersaam en interessant was.

Daarna het Annalie Lategan, baie gepas vir hierdie tyd van die jaar, kreatiewe idees met die dames uitgeruil oor die maak en versier van kersbome.

Die eetgoed was vingerlek-lekker uit die kombuis van Archie Norval. Luise en Annalie het hulself oortref met ‘n heerlike afsluiting.

Lekker ontspanne onder die koeltebome ↑↓

 

 

 

Van die byekorwe in Luise se tuin

 

 

 

 

 

 

 

 

Luise aan die woord

 

 

 

 

Kreatiewe Annalie by een van die kersbome wat sy demonstreer het

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog ‘n kersboom

 

 

 

Die teetafel het behoorlik gekreun onder die heerlike eetgoed