Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 15 November 2022

Goodwood se jaarlikse hoogtepunt is ons afsluiting wat natuurlik ook met die prysuitdeling gepaardgaan.

 

 

 

Bes van Zyl (Tesourier) bedank vir Wenda Preuss (Voorsitter) vir haar toewyding en harde werk om van ons ‘n suksesvolle tak te maak.

 

 

 

 

 

Renè Tepper het die trofeë vir gebak, lekkers, mikrogolf en kookkuns, asook die meeste punte met die kompetisies behaal, ontvang, en Jenny Botha vir haar Hekelwerk, Karin Marais vir Landbou en Tuinbou, Tina Muller vir  Blomme en Breiwerk en Alet Colyn (nie op foto) vir Kunste en Handvlyt.

   

↑↓ Die Smile Foundation was in hierdie maand vir talle operasies wat op kindergesiggies uitgevoer is, verantwoordelik.  Hier is van die pasiënte wat speelgoed, wat deur ons taklede gemaak is, ontvang het.