Sirkel: Tygerberg

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Ita van der Merwe

Datum: Oktober en November

Sirkel Tygerberg het deur bemiddeling van die Minister van Landbou in die Weskaap, Dr  Ivan Meyer, 100 jong inheemse boompies gekry om in die omgewing te plant. Mevv René Nel (President), mev Emmie le Roux (Landbou&Tuinbou-saamroeper) en Ita van der Merwe (Saamroeper Kunste en Handvlyt) het na Worcester gereis om die bekendmaking van die skenking by te woon.  Daar het die minister groot gewag gemaak van die teenwoordigheid van VLV Sirkel Tygerberg wat ook betrokke geraak het by die proses om 100,000 bome in die Weskaap te plant. Ons het skole geïdentifiseer en by die volgende skole bome afgelewer wat geplant moes word.

  1. Hoërskool Monumentpark , Kraaifontein
  2. Laerskool Fanie Theron, Kraaifontein
  3. Laerskool Aristea, Kraaifontein
  4. Curro DigiEd, Delft
  5. Paarlskool vir andersmagtige leerders, Brackenfell
  6. Laerskool Vredekloof, Vredekloof
  7. Highlands Primary School, Mitchellsplein

Ons het 4 soorte bome gekry: Wilde amandel, Olienhout, Valsolyf en Witkaree. Die skole was almal baie opgewonde om die bome te ontvang en het die gate voorberei met kalk, beenmeel  en ander voeding om die boompies ‘n hupstoot te gee.

By Laerskool Vredekloof en Paarlskool het ons ook hul groentetuine besigtig. Curro DigiEd het ook ‘n stuk grond geïdentifiseer waarop hulle ook ‘n groentetuin wil aanlê. Dié tuin by Curro is deur twee gr 9- dogters  geïnisieer, wat opgelet het dat hulle maats nie daarvan bewus is van waar groente vandaan kom of weet hoe dit verbou word nie. Dit het die personeel ook laat inspring om te help.

Bekendstelling in Worcester

Mevv Emmie le Roux, Ita van der Merwe, Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Weskaap en Mev René Nel.

Monument Park

   

Mnre Stevens(Hoof , met graaf) en van Wyk(verantwoodelik vir gronde), Mevv Emmie le Roux en Ita van der Merwe en 2 Leerders

Aristea

   

Hoof, mnr Shaun Heiliger en leerders

Highlands Primary

Curro DigiEd

 

Dr Ivan Meyer en Hoofde en leerders voor die skool       Dr Ivan Meyer en ‘n leerder plant ‘n boom terwyl Ita van der Merwe en Renè Nel toekyk.

Paarlskool

 

   

 

Laerskool Vredekloof

 

Lilliput Campus