Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 9 November 2022

VLV is sinoniem met diensbaarheid, uitreik en brûe bou. Dit is nie aldag wat lede aan die ontvangkant staan nie. Aberdeentak het ‘n heerlike bederfoggend geniet toe die dames deur die plaaslike ouetehuis genooi was vir ‘n dankie-sê-oggend.

Daar is gesellig buite saam met die inwoners verkeer, waartydens Clarissa Lategan ‘n paar sangitems gelewer het. Op hulle beurt het die personeel van Aalwynhof ook gesing en ritmies op die maat van musiek beweeg. Daarna is die VLV-dames op ‘n toer deur die terrein geneem. Inwoners het met trots die groentetuin, hoenders en blomtuin gewys. Op haar beurt het ACVV-voorsitter, Diane Nel, die dames deur die gebou geneem en alles gewys. Inwoners het trots hul handewerk te koop aangebied. Van gebrei, tot plantjies tot skilderkuns. Half 12 het die inwoners middagete geniet waartydens die VLV-dames ook met ‘n heerlike ligte middagete bederf is. Oorsese sjokolade wat Diane aangekoop het tydens haar onlangse besoek aan haar kinders en kleinkinders het gesmelt in die mond!

Al die dames is met geesvervulde harte daar weg en met die besef – geniet alles en wees dankbaar! Voor ons ons oë uitvee is dit ons beurt om inwoners van die tehuis te raak!

Die personeel van Aalwynhof sing en dans met oorgawe

 

 

 

 

 

Clarissa Lategan sorg vir pragtige sang

 

 

 

 

 

 

 

Diane Nel aan die woord

   

Links: Geverfde blikke, babasokkies en plantjies was van die item wat te koop aangebied was

Regs:Fraai geverfde klipskilpaaie

              

Links: Heerlike sjokolade en likeur was die perfekte nagereg

Regs: By elke VLV-lid se sitplek was ‘n vetplant-geskenkie en met die groetslag het oom Piet Vers aan elke dame ‘n  houtkruis oorhandig