Sirkel:  SWD

Tak:  Klein-Brakrivier

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 28 Oktober 2022 

Klein-Brakrivier sluit 2022 suksesvol af.

Klein-Brakrivier het op 28 Oktober 2022 die jaar afgesluit met ‘n heerlike funksie by Billy G in Mosselbaai. Daar was Kersgeskenke, gelukkige trekkings,  ‘n uitmuntende eet-soveel-as-wat-jy-wil, lekker kuier maar natuurlik is daar ook aandag gegee aan belangrike VLV-sake.

Eerstens is twee van die lede wat jare en jare se bydraes gelewer het, vereer met ere-lidmaatskap van die tak. Hester Krige en tannie Ina Greef – baie dankie vir julle toewyding.

Daarna is Jaarkentekens oorhandig aan: Hannie Visser 5 jaar, Retha Nagel 10 jaar, en Aritha Matthews ‘n wel verdiende 30 jaar.

Vir Kompetisie inskrywings met besonderse prestasie bo 80%: Meisie Pretorius, Cecilia Pieterse, Retha Nagel, Ria van Straaten, Christa v Dyk en Lydie Terblanche. Baie dankie vir almal se inskrywings.

 

 

Die 2023 bestuurspan is ook bekendgestel: Lydie Terblanche Voorsitter & Opvoeding en Kultuur Sameroeper; Lynette Nel Vise-voorsitter en Tesourier; Retha Horn as Sekretaris en Kuns & Handvlyt Sameroeper; Retha Nagel as Leefstyl Sameroeper; Cecilia Pieterse as Landbou & Tuinbou Sameroeper; Lucia du Plessis as Gesondheid Sameroeper; Denise Taljaard as Openbare Sake Sameroeper; Ria van Straaten en Christa van Dyk as Kompetisie Koördineers.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 2022 afsluiting – Voorsitter ontvang ‘n orgidee.