Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Berriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 23 Oktober 2022
Volksmusiek in aksie op Elim in die Overberg:
Met die algemene vergadering van 4 Oktober vanjaar het Neels Boonzaaier die tak ingelig oor volksmusiek. Elim se basuinfees is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.
38 basuinorkeste, 8 dirigente (waarvan 1 uit Duitsland), eerwaarde professor doktor Karel Thomas August wat die diens lei en die ganse sendingdorpie sit vier ure bankvas op die walle van die binneplein van Elim op Sondag, 23 Oktober 2022.
Oppad na Elim was daar reënsproei op die voorruit maar dit het genadiglik nie gereën met die uitvoering nie. Dit was bewolk, ja.
Basuinorkeslede het stuksgewys opgedaag en teen 09h15 was die binnehof tóé onder die wit hemde en koper blaasinstrumente. Die diens begin stiptelik 10h00 met die eerwaarde se woorde: “Ek preek in Afrikaans want ons is Afrikaans” en sy mense klap spontaan hande.
Gesofistikeerde klanktoerusting, ‘n professionele video opname, selfone en selfs ‘n hommeltuig was geen vreemde gesig nie maar ondanks die oormaat tegnologie was die Basuinfees op Elim deurspek met plattelandse gemoedelikheid, gewyde sang en spontane handgeklap en (belangrik!) waardering vir ‘n musiektradisie wat reeds 70 jaar volgehou word.
Die slotwoorde van die Duitse gasmusikant…
“I really enjoyed being here and it makes me proud that something that I composed was performed here for the first time and I was able to conduct it myself. It was a great joy for me and I will definitely come again.”
Die dorp se inwoners sit bankvas en te oordeel aan die ‘trompetspelertjie’ is hierdie musiektradisie een wat van geslag tot geslag sal voortduur.
‘n Voëlblik (voëlperspektief) op Elim se Basuinfees.
Dankie, Marlene, vir die plasing. Dit was ‘n wonderlike belewenis!. Musiekkultuur in aksie…en dit hier op ons eie voorstoep.
Baie dankie! Dankie dat ek hierdie ervaring hier kon deel ter illustrasie van ons VLV-praatjie oor musiekkultuur.