Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 19 Oktober 2022

 

Margo du Plessis gesels oor die geskiedenis en vervaardiging van naalde vir huishoudelike naaimasjiene. Die oudste naalde dateer vanaf 28000 jaar voor Christus. Teen 1755 was die meeste naalde reeds ontwikkel wat tans nog gebruik word. Naalde het die weg gebaan vir meganisering van naaimasjiene. Vanaf 1953 is metrieke mate gebruik om omtrek van naalde aan te dui. In die vervaardiging van naalde gaan die metaal deur 35 prosesse en word na elke stadium getoets. ‘n Naald met deursnee van 0,8 mm word aangedui as 80 NM (number metric).

 

Daar bestaan 20 – 25 tipes naalde, bv.

Universele naalde: 60 – 120 NM met effens ronde punt (geskik vir alle materiale)

Borduurnaalde: met ‘n groter oog vir dikker garing

Leernaalde: met ‘n lem aan die punt

Goue naalde: is baie sterker en langer (vir meer stikwerk)

Vilt: spesiale viltnaalde

Omkapmasjiene: 90 NM word aanbeveel a.g.v. spoed van masjien

 

Carien van Niekerk oorhandig geskenksakke namens tak aan Esta Twigge.

 

 

 

 

 

Margo du Plessis

 

 

 

 

 

 

 

 

Carien van Niekerk en Esta Twigge

 

 

 

 

 

 

 

Masjiengemaakte artikels