Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 19 Oktober 2022
Aberdeen VLV se Opvoeding & Kultuur saamroeper, Magriet Haasbroek, het ‘n leersame, dog hartseer uitstappie gereël, tydens Oktober se vergadering. Die boom op die plaas van Jan & Christelle Nel, waar ‘n jong Boerekryger in 1901 onregmatig tereggestel is deur die Kakies, is besoek. Wat ‘n voorreg dat tannie Gina de Beer, 86 jarige inwoner van Aberdeen, die uitstappie kon meemaak en in die fynste detail die storie kon oordra, soos sy dit weer op haar beurt by haar Pa gehoor het, wat tydens die teregstelling ‘n 12 jarige seuntjie was en op die plaas gebly het.
Na afloop van die besoek aan die witgatboom, is die vergadering voortgesit in die huis van Christelle Nel.
VLV sake word bespreek. Weereens die Konferensie van 2023, asook die besoek aan die plaaslike ouetehuis, vroeg in November.
Dankie aan Magriet Haasbroek & Adele de Jager vir die heerlike eetgoed!
Witgatboom waarteen John Baxter tereggestel is.
In 2020 het vriende van die oorlogmuseum hierdie gedenksteen gelê
vlnr: Adele de Jager, Annalie Lategan, Karen van Rensburg, Magriet Haasbroek, Christelle Nel, tannie Gina de Beer, Ina Stofberg, Lea van der Vyver & Marché van der Merwe (foto geneem deur Lizelle Johnson)
Heerlikste eetgoed wat Adele de Jager & Magriet Haasbroek voorgesit het.
VLV saamroeper Magriet Haasbroek saam met tannie Gina de Beer
Leave A Comment