Sirkel: Griekwaland Wes

Tak: Griekwastad

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Ruby Kriel

Datum: 18 Oktober 2022

 

Die aanbieding is gedoen deur Dr. Marina Janse van Rensburg van Pretoria. Sy het 30 jaar as maatskaplike werker, waarvan 18 jaar as terapeut in staat rehablitasie sentrum vir middelafhanklikes en die laaste jare as bedryf maatskaplike werker in die SAPS waar sy haar meesters en PhD grade verwerf het, gewerk. Sy het ‘n passie vir visuele kuns en liefde vir joernale ontwikkel.

“Junk journaling” – niksnut joernaal

Hierdie joernale het begin as ‘n rebellie dat jy nie duur items of papier hoef te koop om jou herinneringe in boekvorm te bewaar nie

“Scrapbooking” betaan meer uit foto’s en aandenkings om jou herinneringe te bewaar. Die industrie het van 1990 tot 2000 baie voorraad opgegaar asook tydskrifte en boeke wat daarvoor geskenk is.

In 2004 het “scrapbooking” industrieë sy piek bereik met verkope van $2.5 miljoen, in

2008 is daar ‘n ressesie en die ekonomie val.

Die Niksnut Joernaal het 2008 weer herleef, jy gebruik graanvlokkie verpakkings, ou

koeverte, verpakkingsakke, materiaal, pamflette, papiersakke enige iets wat jy op ‘n daaglikse basis sal weg gooi.

Niksnut Joernaal het na die depressie in 1940 begin, dit was onmoonlik om voorraad te koop en enige iets waarop hulle hul hande kon lê, is gebruik vir notas en briewe, selfs herinneringe en geskiedenis is so bewaar

Niksnut Joernaal beteken nie dit is afgeskeep of lelik nie, in teendeel, dit is baie kreatief en mooi. Dit kan met kitspap verpakking, ou boekblaaie, muurpapier, teesakkies , materiaal, kant, ou musiekboeke, mooi papier of gekleurde papier in ‘n nuwe baadjie aantrek .

Die Joernaal is ‘n baie spesiale geskenk om vir ‘n ouma, vriendin of kleinkind te maak.

Skielik leer ons baie nuwe bewoordings soos bv.:

Tuckspot – Wegsteekhoekie

Collage – Versameling van verskillende fragmente

Pocket – Sak

Side tuck – Sywaartse wegsteekplek

Snippet roll – Snipper rol

Flip out envelope – Uittrek koevert

Dr Marina Janse van Rensburg

Die lede luister aandagtig na Dr Janse van Rensburg