Sirkel: Weskus

Sirkel Weskus Damesoggend

Beriggewer: Maggie Enever

Datum: 15/10/2022

 

VLV Sirkel Weskus het ‘n baie suksesvolle

Damesoggend aangebied by Soverby Lapa,

Dwarskersbos. Dit is deur meer as 150

dames bygewoon.

Die kunstenaar vir die dag was die baie

talentvolle en pittige Jak de Priester.

 

Die eienaar, sowel as Voorsitter VLV Velddrif,

Gina Smit, Sirkel President Elsabe Carstens

en die vriendelike personeel van Soverby Lapa..

   

Sprekers.                                                                    KANSA: Tanya Johnson

Sirkel Weskus bestuur, sanger Jak de Priester en eregaste:

Agter: Mevv Nicoline Brown (Openbare Sake) Elize Knoetze (Kunste & Handvlyt), Mary-Ann van Schalkwyk (Gesondheid), Maggie Enever (Landbou & Tuinbou), Jak de Priester en Louwna Hoving (voormalige President Sirkel Weskus)

Voor: Mevv Dinette Lochner (Tesourier VLVK en Sirkel Weskus),  Marié Grobbelaar (Visepresident Sirkel Weskus, Opvoeding & Kultuur en Sekretaris), Elsabe Carstens (President Sirkel Weskus) en Estelle du Plessis (President VLVK)

 

 

Daar is heerlik gekuier en

gesels terwyl die dames die

smaaklike kos en pragtige

musiek van Jak de Priester

baie geniet het. Daar is vrolike

saam handegeklap en gedans.

 

 

 

 

Sirkel Weskus is in die proses van takvaandel vernuwing.

Sommige van die Takke het van die geleentheid gebruik gemaak om met hulle nuwe vaandels te spog.