Sirkel:  Paarl

Geleentheid:  Sirkeldag

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum:  13 Oktober 2022

Die Sirkel Paarl het ‘n vrolike Sirkeldag gehou met die tema “Anders as Normaal”

Die takke moes elk hul eie tafel dek met die tema in gedagte.  Ook moes die gelukkige trekkinggeskenke opgemaak word met dieselfde tema in gedagte.

Die lede het met baie oorspronklike idees die tafels gedek. Die tafels is daarna beoordeel en die pryswenners het ‘n fles vonkelwyn gewen om met die res van hul taklede te gaan deel.

Anders as normaal was daar geen spreker, maar wel drie persone wat demonstrasies gedoen het waar lede kon gaan kyk wat hul doen.  Die drie dames was:  Mev Karlien Botha wat gewys het hoe serpe gedra kan word om uitrustings elke keer anders te laat lyk.

Mev Wilhelmien Le Roux wat “puntverf” gedemonstreer het en Vicky van “Fanglasstic” het vir die dames gewys hoe jy op glas kan skilder.

Mnr Kosie Slabber het gesorg vir vrolike musiek en ‘n paar items gelewer.

 

 

 

 

 

 

Mev Karlien Botha wat die serpe gedemonstreer het.

 

 

 

 

Vicky by die tafel van Fanglasstic – verf op glas.

Die lede van Malmesburytak by hul mooi gedekte tafel

 

 

 

 

 

Lede van Stellenboschtak by hul tafel.

 

 

 

 

 

Die tafel met ‘n Franse tema van Strandtak

Die dames wat die tafels beoordeel het, was Mev Marinda Rall, die Sirkelpresident, en Mev Wilna Pietersen.