Sirkel  :  SWD

Tak : Diepkloof

Portefeulje:  Opvoeding en kultuur

Datum : Woensdag 12 Oktober

Berriggewer : Anita Fourie

 

TOLHUIS  MONTEQUEPAS, GEORGE

Diepkloof lede bring ʼn besoek aan die geskiedkundige tolhuis op Woensdag 12 Oktober 2022.

Johan Stols (ʼn historikus ) en sy vrou Gerda kom op die vervalle gebou  af. Dit word hul droom om die ou gebou te restoureer. In 2000 begin Johan sy navorsing oor die gebou, maar in 2006 sterf hy in ʼn motorongeluk.  Gerda laat geen steen onaangeraak om sy droom te bewaarheid.

Sy stig vriende van die tolhuis in 2008. Lede is vrywilligers uit die gemeenskap, 11 mans en onder hulle 3 argitekte.  Een van die argitekte, Charlie Westman, in sy tagtigerjare, se oupa  was tolmeester en het in die huis gewoon. Vir 3 jaar sukkel vriende van die tolhuis om die nodige toestemming te kry om die ou gebou te restoureer.  Sonder enige fondse tot hul beskikking of enige hulp van die staat begin hul met behulp van die gemeenskap om die gebou te restoureer.   2014 word  die gerestoureerde gebou ingewei.  Op 29 Oktober 2018 tref ʼn ramp, die gebou met meubelment en al word afgebrand tydens ‘n veldbrand.

Vriende van die tolhuis staan weer saam en 20 Januarie 2020, gedurende Covid, open  die tolhuis weer. Nadat die tolhuis weer heropen het, ontvang die tolhuis meer  skenkings van antieke artikels met kultuurhistoriese waarde  as wat daar in die tolhuis was voor die brand. So word daar n klavier/orrel kombinasie geskenk. Die klavier is so skaars dat daar nie eers ‘n naam voor bestaan nie. Dr. Gerrit Jordaan, skep ʼn naam vir die raar instrument en noem dit ʼn klavermonium.