Sirkel: Worcester

Tak: Ceres

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@breede.co.za, 084 208 6940

Datum:  11 Oktober 2022

 

Besoek aan Bloomia Tulpe-kwekery

Die bussie waarmee die werkers vervoer word.

24 Lede besoek die Bloomia Tulpe-kwekery by Rawsonville.  Die kweekproses word deur die direkteur, Adriaan van Wyk, verduidelik.

Adriaan van Wyk

   

Die bolle word ingevoer van Nederland en China.  Dit word in groot kratte koud geberg om hulle dormant te hou.  Die kweekproses begin wanneer die gebergde bolle met die hand in spesiale kratte geplant word.  Die kratte word dan in ‘n bewortelingskamer geplaas waar die bolle vir die eerste keer water kry.  Gedurende die fase ontwikkel die bolle hul uitloopsels en wortels.

Wanneer daar voldoende wortelmassa is, word die bolle na die kweekhuis verplaas waar die finale groei plaasvind.

     

Die blomme word dan met bol en al met die hand ge-oes en in kratte geberg in ‘n koelkamer.

Dit word dan verwerk in snyblomme wat bemark word.(Links)

Die totale kweekproses van plant tot oes duur tussen 4 tot 7 weke, afhangende van hoe oud die bolle is – jonger bolle is stadiger.