Geleentheid:  Bekendstelling vir VLVK

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum: 28 September 2022

 

‘n Baie gesellige “Kinkel en Vonkel” funksie is aangebied deur Me Chrisna Smit vir VLV lede en nie-VLV lede  vir verdere bekendstelling  van VLVK.

Die Kinkel was die passievolle mnr Daniël de Kock wat kom praat het oor “die woema en passie vir die lewe”

Die Vonkel was die VLVK president, Mev Estelle du Plessis, wat gepraat het oor  “die uitdaging van veranderings”. Ook die tema vir die jaar.

Daar was sirkelpresidente, voorsitters en lede van verskillende takke en sirkels van Kaapland teenwoordig.

Dit was ‘n vrolike oggend met baie lag, heerlike kos en wyn by die Pink Valley restaurant digby Somerset Wes.

Die geleentheid is afgesluit met ‘n blommedemonstrasie deur mnr Daniel de Kock.

 

 

 

 

 

 

 

Mev Corlia Douglas en haar moeder mev Marinda Rall, Sirkelpresident Paarl.

 

 

 

 

 

Mev Estelle du Plessis, President van VLVK, mev Erika Lubbe, Argivaris, Mnr Daniël de Kock, spreker en Mev Chrisna Smit wat die funksie gereël het.

Dames in gesellige luim.  ↑ ↓

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rangskikking deur Mnr Daniël de Kock.