Sirkel : SWD

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Tak: Klein-Brakrivier

Datum: 26 September 2022

Beriggewer: Lydie Terblanche

 

Het jy al ooit gehoor van ‘n lepidopteris? Klein-Brakrivier  tak het hulle jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit met Earle Whiteley, vergesel deur Hanlo Nel, se besoek. Earle is reeds ‘n sesde generasie “lepidopterist” – iemand wat vlinders en motte bestudeer en versamel. Hy het al meer as 280 verskillende vlinder spesies geteel, en self ‘n paar verskillende spesies ontdek.

As ‘n skrywer van verskeie vlinder boeke het hy ook vier vlinder skuilings (“sanctuaries”) gebou. Die Western Cape Butterfly Sanctuary is onlangs deur die Minister van Landbou, Dr Ivan Meyer, vir die publiek oopgestel. Met die besoek aan die Klein-Brakrivier tak, was daar ‘n uitstalling, skyfie vertoning en lewendige spesies om van te leer.

Die vlinder-oggend, onder leiding van die Landbou Sameroeper, Cecilia Pieterse, en haar span gasvroue Meisie, Lucia, Denise en Didi, het groot belangstelling gelok.

Die saal was ongelooflik versier met landbou produkte en gepaste eetgoed, en daar was ook geskenkies vir elkeen. Jaco van Pick-a-Veg in Grootbrak het al die groente waarvan daar ook te koop was, en Sharon van All Things Bisk het die klei pampoene vir die geskenkies, geskenk.

 

Mooi versierde tafels

Nog tafelversierings

Pragtige uitstalling

Earle Whiteley van Butterfly Sanctuary

Lucia du Plessis – een van die gasvroue

Uitstalling deur Western Cape Butterfly Sanctuary ↑ ↓

 

 

 

 

 

 

Oud-voorsitter, Hester Krige verjaar