Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Geleentheid: Vlv-High Tea Tydens Kleinmond-Porseleinfees

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 23 September 2022

Die Kleinmondse Sakeforum het ‘n Keramiek- en Porseleinfees aangebied om die Porseleinroete bekend te stel waar die ateljees van verskeie keramiekkunstenaars besoek kan word. Hulle het die VLV-tak van Kleinmond gevra om ‘n High Tea aan te bied as deel van die vierings wat vanaf 21-24 September 2022 gestrek het. Die taklede het nie op hulle laat wag nie en die mooiste Royal Albert- en Paragon-teestelle is uitgehaal om vir 120 gaste uit o.a. die Overberg, Skiereiland en Kleinmond self, reg te staan, asook ’n Liebermann-stel spesiaal vir die Kleinmondse Cantaré-Mannekoor wat hulle eerste openbare optrede gelewer het.

Bykomend kon die gehoor luister na die oudhedekenner en -handelaar, Henriëtte Derby, en hulle verlustig in die blommekuns van Kobus Conradie, hoof van die Wes-Kaapse Onderwyspaneel van die Suid-Afrikaanse Beoordelaarsunie, SAFU. Hy het ‘n verskeidenheid blomme in vyf porseleinpotte gerangskik. Dit is uitgeloot en vyf baie gelukkige dames is huis toe met pragtige rangskikkings én waardevolle potte.

Daar was ook ‘n reuse sjokoladekoek op die spel en gelukspakkies soos ‘n braaipak van Walker Bay Spice vir  Nasionale Braaidag.

Keurig gedekte tafels vir die gaste met klein vrugtekoekgeskenkies.

Die Cantaré-Mannekoor van Kleinmond besig met hulle uitvoering.

V.l.n.r. Brenda Neethling van Kleinmond saam met Mareen de Wet en Johlene Viljoen van VLV-Villiersdorp, asook Dorothy Krige van Hermanus, aan tafel met die koorlede in die agtergrond langs húlle tafel.

Die gaste geniet die High Tea

 

 

 

 

 

Susan Botha by haar teetafel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Johlene Viljoen, voorsitter van VLV-Villiersdorp met die rangskikking wat sy gewen het

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wilma Fyfer met haar wenrangskikking

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ursula Beerwinkel het hierdie pragtige rangskikking gewen

Kleinmond se voorsitter Louise Bruwer, regs, saam met Annette van Eeden van Bredasdorp, met nóg een van Kobus se rangskikkings.

 

 

 

 

 

 

Karla van Zyl, eienaar van Walker Bay se dogter, het Nadia Fourie van Napier se wennommer getrek vir hierdie braaipak vir Braaidag.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Petra de Wit sit met die reuse sjokolademoussekoek wat sy gewen het by die pragtige versameling clivias.