Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 23 September 2022
Gebruik jou Porselein…dis waarin sy waarde lê.
Henriëtte Derby, porseleinhandelaar, was gasspreker by Kleinmond VLV -tak se ‘High Tea’ Vrydag 23 September 2022.
Sy gesels informeel en gemaklik met die saal vol vroue wie se tafels keurig gedek is met hulle beste porselein en merk op ” Dis waardevol. Julle gebruik julle koppies! Porselein het diep herinneringswaarde.”
Dan deel Henriëtte háár vroeë herinneringe van toe sy so 10 jaar oud was. Haar ma sou sê, “Henriëtte gaan dek die tafel…hierdie was ouma se koppies gewees. Mooi werk met daai”…en dít is die waarde van porselein.
‘n Mens kan nou vertel van die verskeie periodes van porselein, maar die situasie met porselein op die oomblik is mense wil nie meer porselein met goue of silwerrandjies koop nie (hulle kan dit nie in die skottelgoedwasser of in die mikrogogolfoond sit nie).
Stelle van 12? Hoeveel keer onthaal mens sulke groot groepe?
Christies het twee maal per jaar ‘n porseleinveiling gehou van byvoorbeeld Clarise Cliff- of Carltonware, maar sewe jaar gelede het hulle opgehou met porseleinveilings. Pryse het gevolglik geval.
“Clarice Cliff was an English ceramic artist and designer. Active from 1922-to 1963, Cliff became the head of the factory creative department.” Wikipedia.
“Carlton Ware was a pottery manufacturer based in Stoke-on-Trent. The company is known for its tableware, often in the form of highly decorated leaves or fruit, and the ceramic toucans it made as promotional items for Guinness.” Wikipedia
Hoofwaarde is GEBRUIK DIT!
Gebruik verskillende koppies – nie die hele tyd dieselfde een nie – dit verweer! Roteer jou koppies anders sit jy met net 1 verbleikte (gebruikte) koppie wat afsteek teen die res van jou stel.
Wat wel waarde het, is groot porseleinstukke vir ‘n fokuspunt. German Pottery is mode op die oomblik.
“Around the end of the 19th century it became customary to apply a decor name in addition to the company brand. After England decreed in 1897 that goods imported to England and its colonies must be marked with their origin, German porcelain was marked “Made in Germany.”
Factory names to look out for with potentially higher values include Roth Keramik, Ceramano, Otto and Kreutz. If you’ve got one of these at home it might be worth some research! 22 Jan 2021.” (Sosiale media).
Meermale staan daar bloot ‘GERMAN‘ op dié versamelstukke. As jy van jou ‘German’ keramiekstukke ontslae wil raak, bel vir Henriëtte.
Daar is baie mooi teegoed. Alhoewel die porselein uitstekend mag wees is die waarde skraps as dit sonder naam is.
Voorheen was Clarice Cliff in die mode. Oudhede loop ook met modes saam.
Noritake is van die beste porselein.
Japanese het begin om porselein met ‘bone china’ te maak. Dis geweldig hard en “chip” nie so maklik nie. Japanese porselein is ongelukkig nie baie geld werd nie omdat dit nie in aanvraag is nie.
Wedgewood (blou met wit Griekse gode op) – selfs nagemaaktes, is populêr.
Lank gelede (ongeveer 1840) was Mister Wedgewood ‘n pottebakker in Engeland. Elke dorpie het sy pottebakkers gehad. Dit was oorwegend bruin keramiek kleiwerk. Die seuns van Wedgewood is by sy besigheid betrek. Die een was verlam in een been en swak. Hy was nie so sterk soos die res van die Wedgewood seuns nie. Hy was die afleweringsman.
Hy moes gereeld bestellings by ‘n herehuis met adel gaan aflewer. Die huishoudster en ‘butler’ het as tussengangers namens die eienaar die aflewerings by die agterdeur (‘servants’ entrance’) ontvang.
Een dag sukkel hy van sy perd af en gaan klop aan die agterdeur en daar maak die mooiste meisie met ‘n Wedgewood blou rok die deur oop. Hy was verlief!
Daarna maak die meisie elke keer die deur vir hom oop. Die mank seun, Josef, vra toe die adelike om sy dogter se hand maar haar pa was woedend en jaag hom weg en die Wedgewoods verloor die kontrak!
Josef begin toe speel met klei totdat hy die blou kleur van die mooi meisie se rok vervolmaak. Sy oog vang romantiese beeldjies in wit en hy bring dit in wit (hulle noem dit perium) op die blou aan… ‘and the rest is history!’ Sy Wedgewood blou-en-wit porselein was populêr én hy het haar op die einde gekry!
Die gehoor is uitgenooi na die antieke porseleinfees in The Shed in Kleinmond se hawe en Henriëtte, die porseleinhandelaar, het vertel dat Karin van Kleinmond porselein regmaak. Kontak Henriëtte by sunshinetrading01@gmail.com vir Karin se nommer.
Die Hangklip Keramiek & Porseleinfees is trots op die feit dat die VLV Kleinmond deel is van die fees. Ons sal beslis weer van hulle dienste gebruikmaak.
Die spreker, Henriëtte Derby, en dames wat Kleinmond se ‘High Tea’ bygewoon het en voorbeelde van porselein.
Leave A Comment