Sirkel:  Weskus

Tak:  Piketberg

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Nicoline Brown

Datum: Donderdag, 15 September 2022

 

Misi Overturf (In die Sop/kykNET-faam) kuier by VLV Piketberg se Leefstyl-byeenkoms.

‘n Heerlike, interessante oggend is op 15 September te Highlands Eco-Estate gehou in samewerking met Nikki Visser en al die gasvroue van Leefstyl-portefeulje. Die verrigtinge was by hierdie pragtige venue, en omring met wonderskone natuur!

Die gasspreker was dan Misi Overturf, die dekor spesialis van die kykNET-program In die Sop.  Sy het gesels oor haar storie van dekor en dames kon dan ook foto’s van hul dekor dilemmas aanstuur, waarvoor sy wenke en raad gegee het.

Die dames kon hul vir ‘n uur verlustig aan Misi se storie en wenke i.v.m. dekor!  Daarna was almal bederf met heerlike verversings.  Almal het die uitstappie op die berg baie geniet!

Misi Overturf (gasspreker van In die Sop/kykNET-reeks);  Nicoline Brown (voorsitter  VLV Piketberg);  Dinette Lochner (sekretaris/tesourier VLV Piketberg) en Elsabe Carstens (Sirkel Weskus Sirkelpresident)

Venue : Highlands Eco-Estate

Pragtige uitsig vanaf die swembad