Sirkel: Griekwaland Wes
Tak: Griekwastad
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Ruby Kriel
Datum: Oktober 2022
Griekwastad VLV het die inwoners van Huis Heldersig getrakteer op ‘n oggendtee met heerlike verversings. Voetspore van Hoop se kleuterskool het pragtig gesing vir die bejaardes.
Ruby Kriel het die inwoners en personeel ingelig oor die voordele van spekbome en die gebruik daarvan. Elke bejaarde ontvang ‘n spekboom in ‘n pragtige versierde blikkie, geskenk deur Martie Martiz.
Spekboom
- Spekboom : Wonderplant
- Portulacaria afra
- Pork Bush
- Elephants food
- Spekbome help om lugbesoedeling te beveg
- Dit kan 4 tot 10 ton koolstof per hektaar opvang
- Dit is basies ‘n spons wat die koolstof uit die atmosfeer onttrek.
- Oortolige besoedeling is verantwoordelik vir globale verwarming wat weer die oorsaak is van vloede, droogtes en hittegolwe
- Spekbome is droogte bestand en oorleef op net 250mm tot 350 mm water per jaar
- Dit is ‘n mooi boom met klein ronde groen blare en ‘n rooikleurige stam
- Spekbome het pienk blommetjies en trek aandag van insekte en voëls in die tuin van laat winter tot lente
- Die bome pas aan in die meeste omstandighede en is gepas vir klein en groot tuine
- Jy breek net ‘n steggie af en verwyder die onderste blare en druk dit in die grond en dit sal groei
- Jy kan kompos bysit as jy wil, gee dit een keer per week water tot plant gevestig is en dan net een keer per maand.
- As jy nie ‘n tuin het nie plant dit in ‘n houer en plaas in sonnige plek.
Vier redes hoekom jy ‘n spekboom moet plant:
- Pas maklik aan:
- Hulle word wonderplante genoem en dit is te danke aan hulle dat so baie koolstofmonoksied wat deur motors veroorsaak word, ge-absorbeer word
- Hulle is in die voorste linnie om klimaatsverandering teen te werk
- Spekbome kom oorspronklik van die Karoo en Oos Kaap en kan orals aanpas in sy omgewing
- In die koeler en reënerige maande absorbeer hulle koolstofmonoksied deur hulle huidmondjies (stomata) gedurende die dag
- Een plant kan 4 to 8 kg koolstofmonoksied opvang per jaar
- Spekbome verg nie baie water nie
- In hitte en droogtes keer hulle waterverlies deur hulle huismondjies net in die nag oop te maak
- Hulle is lief vir kusgebiede en floreer in die droogte
- As jou tuin geneig is om ryp te kry sal die boom heel waarskynlik nie oorleef nie.
2 Sterk en Stewig
- Baie droogtebestand en oorleef in harde omstandighede en tuinpeste groei nie sommer op spekbome nie
- Die bome word ook as vuurbrekers gebruik
- Hulle maak mooi struike en kan self omskep word in ‘n bonsai
3 Lewe tot 200 jaar
- Die bome is nie net gehard nie, maar kan tot 200 jaar lewe
- Hulle kan tot 5 meter hoog word
- Wees versigtig, hulle plant maklik voort en as ‘n takkie op die grond val begin ‘n tweede boom te groei
4 Jy kan dit eet
- Wilde diere soos Koedoes, Olifante en Renosters hou baie van spekbome
- Dit is geskik vir menslike gebruik en in baie resturante word hulle in bredies en slaaie en ook as garneering gebruik
- Dit bevat baie Vit C
- Kroeë gebruik dit in Gin en Tonic
- Sny net 8cm steggie af en plant!!!!!!!!!!!
V.l.n.r: Voor : Doulina Murray en Rina Cornelissen
Agter : Ruby Kriel, Linda Jansen, Martie Maritz, Marlene Nel en Andra Lambrecht
Voetspore van Hoop se kleuters
Leave A Comment