Sirkel: Weskus

Sirkelvergadering Moorreesburg

Beriggewer: Maggie Enever

Datum: 21/09/2022

 

 

Die dames van Sirkel Weskus se 14 takke het by Le Must Eatery op Moorreesburg byme-kaar gekom.

Die langtafel vergadering is op die pragtige stoep gehou.

‘n Groot bederf was die fyn teetyd eetgoed en heerlike middagete met ‘n glasie wyn.

 

 

 

 

     Sirkel Weskus Bestuur 2022 en

         President Elsabe Carstens

Voor: Mevv Maggie Enever (Landbou & Tuinbou), Mary-Ann van Schalkwyk (Gesondheid), Marié Grobbelaar (Visepresident Sirkel Weskus, Opvoeding & Kultuur en Sekretaris), Elsabe Carstens (President Sirkel Weskus)

Agter: Mevv Elize Knoetze (Kunste & Handvlyt), Dinette Lochner (Tesourier VLVK en Sirkel Weskus), Melaine Brand (Leefstyl) en Nicoline Brown (Openbare Sake).

 

 

Voor die Kongres is ‘n kompetisie vir die ontwerp van ‘n nuwe

Sirkel Weskus Vaandel geloots.

Anet Gilham het die prys vir die wenontwerp namens haar seun ontvang.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elsabe Carstens wens Dinette Lochner geluk met haar aanstelling op VLVK Hoofbestuur.

As Tesourier hanteer sy nou Sirkel Weskus sowel as VLVK se Finansies.