Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 21 September 2022
Kerse bring vreugde en skep ‘n rustige atmosfeer. Nonnie Scheepers inspireer en motiveer lede van Vryburg VLV om kerse te gebruik gedurende beurtkrag. ‘n Kersie in ‘n wynglas met ‘n papierskerm is ideaal om die regte atmosfeer aan die eettafel te skep. Sy toon ‘n wye verskeidenheid van kandelare, maar gebruik ook ongewone houers soos ‘n vleismeul, blikkies waarin kos was of glasbottels.
Kerse word simbolies gebruik soos by troues waar elke familie ‘n kers aansteek en die bruid en bruidegom dan een kers saam aansteek. Kerse word gebruik om mylpale te vier, soos verjaarsdae of ter herinnering aan ‘n geliefde. ‘n Blommekrans met ‘n geurige kers kan ook as blyk van simpatie gegee word.
Kerse het ook ons spreektaal beïnvloed. Soos kersregop; om nie by iemand kers te kan vashou nie; as jy iemand se kers doodblaas, maak dit joune nie helderder nie; een kers kan baie kerse aan die brand steek of duisternis kan verlig word deur ‘n enkele kers.
Marthie Grobler gee riglyne vir die volgende maand se rangskikking ‘ingeboks’
Marietjie Steyn ontvang haar sertifikaat en prysgeld vir borduurwerk by die VLVK Kongres
Carien van Niekerk word verkies as nuwe voorsitter in die plek van Esta Twigge.
Marthie Grobler bedank Esta vir haar termyn as voorsitter.
Nonnie Scheepers
‘Ingeboks’
Esta Twigge en Marietjie Steyn
Carien Van Niekerk en Esta Twigge
Esta Twigge en Marthie Grobler