Sirkel: Tygerberg

Tak: Kraaifontein

Datum: 15 September 2022

Beriggewer: Ita van der Merwe

Septembermaand is uitstappiemaand by Kraaifontein-tak. Hierdie jaar het ons na die Speelgoedmusuem in Stellenbosch gegaan. Die museum word gehuisves in die ou pastorie van die Rynse Kerk in die eeue tevore.

Dit was ‘n aangename besoek aan die plek waar speelgoed en ander items uit ons eie kinderdae en geslagte lank vóór ons eie uitgestal word. Die 6 dames wat saamgegaan het, het hulle verwonder aan die fynste miniatuur meubels en ander artikels wat vertrekke in ‘n huis voorgestel het en ook die wydbekende Oom Samie se Winkel wat in die vroeë 1900’s ‘n baken was in Stellenbosch. Die groot vertrekke met glaskaste wat gebruiksitems, kledingstukke en speelgoed bevat en die gang vol glaskaste met miniatuur motortjies en ander voertuie uit die jare toet. Ons almal het onthou van Dinky Toys en Matchbox karretjies. Speelgoedtreintjies, poppe uit porselein en ‘solenoid’ pryk in weelderige tabberds en die fynste porselein teestelle word ook veilig hier bewaar.

‘n Groot reliëfkaart (­+ 20m lank) van die Karoo rondom die Matjiesfontein en die omgewing het gewag vir die speelgoedtrein om verby te kom. Ons dank die persone wat dit bewaar sodat ons dit kan bewonder.

Na die tyd het ons op kampstoele, kratte en komberse heerlik piekniek gehou onder die bottende akkerbome en die kolgansgesinnetjie wat in die gras gewei het.

Die museumgeboue

 

 

 

 

‘n Huis uit die vorige eeu

 

 

                       

Inligting oor oom Samie se winkel                                  Speelgoedmotortjies

Oom Samie se Winkel

  1. ‘n Tipiese slaapkamer

 

 

 

 

 

 

‘n Pragtige tuin gebou uit koekversiersel

 

 

 

 

 

‘n Deftige sitkamer

Werkskamer met gereedskap en al

Lede wat die uitstappie meegemaak het

Fyn porselein teestelle  ↑↓

 

‘n Eetkamer

Matjiesfontein se stasiegebou

Karootoneel

Speelgoedtreintjies