Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Linda Putzier/Anlouise O’Connell
Datum: 18 Augustus 2022
VLV Alexandria het ‘n interessante besoek gebring aan “Sweetwater Farm” waar Canabis geplant en geoes word.
Shannon, die Bestuurder van Sweetwaters Farm” verwelkom die lede en neem hulle na verskillende tonnels waar die Canabis plante gekweek word en groei. Vanaf die saad ontkiemings stadium (plantjies 3 tot 10 dae oud) tot waar plante se blomme ryp word (plante is 6 weke oud) en dan gereed om geoes te word.
Aquaponics is ook ‘n groei tegniek wat gebruik word.
Blomme word gepluk, uitgedroog (neem 3 tot 4 weke), skoongemaak en verpak vir uitvoer na Australië waar dit verwerk word tot medisinale CBD olie. CBD olie word nog nie hier gemaak nie alhoewel hulle aansoek gedoen het vir ‘n lisensie.
Shannon verduidelik ook die voordele van CBD olie vir siekte toestand hoofsaaklik verskillende kankers, artritis, slaaploosheid en nog ander.
Die lede sluit die uitstappie af met tee en verversings by Stanley’s Restaurant waar die amptelike sakelys hanteer word.
Tannie Edith, 83 jaar oud en ‘n aktiewe lid van die Tak, wys nog kniekombersies wat ingehandig is vir die Diaz Ouetehuis se inwoners,