Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Anlouise O’Connell

Datum: 15 September 2022

 

Donderdag 15 September het VLV Alexandria ‘n heerlike, verrykende oggend beleef tydens die aanbieding deur die Opvoeding en Kultuur Portefeulje.

Die sameroeper, Marilize Bakkes het die tradisionele kultuur erfenis van die Xhoza vrou nl. die verf van hulle gesigte, verduidelik. Die vroue word in 3 groepe ingedeel en elke groep se gesig het dan meer kolletjies en strepe en kleur speel ook ‘n rol.

 

ie jong, ongetroude vrou se gesig het min kolletjies om die oë, in wit, en in die algemeen is die patrone soos op die foto aangedui. Die ouer vrou het beduidend meer patrone op haar gesig en die gebruik van kleure het ook spesifieke betekenis, bv. rooi dui op gevaar en uitdaging; blou op vrede, kalmte en vertroue; groen op lewe, groei en gesondheid; geel op energie en geluk; grys op sekuriteit, outoriteit, volwassenheid en stabiliteit. Die bejaarde vrou se gesig is omtrent heeltemal ingekleur wat dui op haar ouderdom en so word respek deur die jonger Xhozas afgedwing. (sien die foto’s)

In aansluiting tot die Xhoza vrou se gesig-verf tradisie, het Ruth Gipson, van Art Escapes, voorbeelde van wat alles met “Dot Art” versier kan word gewys. Haar nuutste toevoeging tot haar reeks is die koffiebottel wat sy met ‘n rooi blom versier en feetjieligte in die bottel sit vir die Kersfees tafel. Hierna het sy die tegniek van “Dot Art” demonstreer en elke lid het 3 botteltjies verf, verskillende dikte stokkies en ‘n CD-skyf gekry om hulle eie patroon daarop te “dot”. Sommige lede het pragtige patrone uit die hoed getrek en ander s’n was so effe deurmekaar, maar elkeen kon hul skepping saamvat huis toe.

Ruth, het ook gedemonstreer hoe om “Acrylic Pouring” te doen. Verf word in spuitbottels gegooi om kolle, strepe of enige patroon op jou oppervlak te gooi. Jy kan dit dan met ‘n strooitjie blaas, ‘n string krale deurtrek, net die “canvas” in verskillende rigtings skuins hou of die verf oor die afgesnyde onderkant van ‘n plastiek bottel gooi om blomblare te vorm.