Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

VLV Uitreik

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 14 September 2022

Vryburg VLV reik uit na vroue in die gemeenskap om hulle te inspireer, te motiveer en te bemagtig. Die opening word waargeneem deur Eerwaarde Pierre van den Heever en gaste verras met hul spontane sang.

Esta Twigge demonsteer hoe om veelsydige deeg te maak met net twee bestanddele. Daarvan kan platbrood, roosterkoek, pasteie, pizza of kluitjies gemaak word.

Carien van Niekerk wys hoe servette omtooi kan word in versierings.

Om almal in ligter stemming te kry, lees Esta Salomé Delport se ‘Onse mense se warm hart’ voor.

Elke gas ontvang ‘n resepteboek met ekonomiese disse, tydskrifte, vadoek en tuisgemaakte seep.

 

 

 

 

Carien van Niekerk, Esta Twigge en Memory Scholtz

 

 

 

 

 

Coleridge Senior Burgers

Rek jou rande