Sirkel : Overberg

Tak:  Hermanus

Portefeulje:   Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Diana Lambrechts

Datum:   14 September 2022

Hermanus-tak het ‘n vol, bedrywige vergadering gehou op 14 September 2022.

Die speker was Ds Dries van der Merwe, die verteenwoordiger van geopende deure in die Overberg. Dries het die lede meer bewus kom maak van die vervolgde kerk.

Die leuse van geopende deure is “Vervolg maar nooit alleen nie”

Geopende deure bestaan sedert 1955, dit is ‘n hulp organisasie wat wêreldwyd werk in meer as 60  lande.   Broer Andrew het begin om Bybels in te smokkel in die geslote lande en dìt het die Christene bemagtig om hulle sterker te maak met die verspreiding van die Woord.

Daar is in die 20ste eeu reeds meer mense doodgemaak as in die vorige eeu. Die vervolging van Christene versprei vining. Dit is die ergste in Suid Oos Asië, Indië, Pakistan, Afghanistan, Midde Ooste en ook Noord Afrika.

Christene is die minderheids Godsdiens groep en dit word as ‘n Westerse godsdiens beskou. Die statistiek wys dat daar daagliks 14 kerkgeboue gesluit en vernietig word, 11 Christene ontvoer word, 17 Christene gearresteer word sonder verhoor en 16 per dag dood gemaak word.

Die vervolging is veral deur Islam en dit gebeur oral. Dit gebeur in woonhuise, kinders verraai ouers of ouers verjaag en onterf kinders. Gemeenskappe, veral in kleiner dorpies, word die Christene maklik gevind. Die landswette perk die kerke in, jy mag nie ‘n Bybel besit nie en groepe mag nie bymekaar kom om die evangelie te verkondig nie. Arrestasies , marteling en dreigoproepe kom voor.

Wat kan ons doen?   Waardeer die Vryheid wat ons het, ons Bybels, ons kerke en bid vir die mense wat hulle lewens waag om die evangelie te verkondig.

Dit was ook die muntlegging vergadering, Cora Clark lees die gebed voor en Peggy van Druten, ons 95 jarige lid , steek vir ons die kers aan.

September is ook FAS maand en die voorsitter doen die voorlesing en lui die klokkie na elke paragraaf.

Na al die bedrywighede het ons ‘n rolbal demonstrasie ook gekry met ‘n uitnodiging om aan te sluit by die puik klub in Hermanus

Die beoordelaars het hulle hande vol gehad met al die inskrywings.

Ds. Dries van der Merwe

Cora Clark en Peggy van Druten met die muntlegging

 

 

 

 

 

Rolbal bal word rond gestuur om die gevoel te kry.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kompetisie artikels

 

Dorothy Krige en Nelmarie Theron is die beoordelaars.