Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting:
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 14 September 2022
Bredasdorp se VLV-tak was integraal deel van Nampo Kaap 2022 se Landbouskou wat van 14 tot 17 September 2022 op die plaaslike skouterrein, Bredasdorppark, aangebied is.
Mediapersoonlikhede Sandra Nolte -redaktrise van Huis & Haard en Letty-Ann Möller – Kongresmediaverteenwoordiger van die VLV Overberg Sirkel het oorvleuel in die Vrouetent waar die Kokkedoor -Sonja de Beer, die sanger- Jannie Moolman, die komediant- Elsabe Aldrich en die wynkundige – Ricus Summers opgetree het.
Vroueprogram by Nampo Kaap 2022
Annette van Eeden, Sarie Mommsen en Madelé Burger van Bredasdorp het die verwerking van skaapwol by ‘n stalletjie gedemonstreer (verwerkte wolprodukte is deur o.a ons VLV se Amigurumi’s geskou).
Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer, by skaapwolstalletjie op Nampo Kaap 2022 by VLV-lede, Ora Laubscher en regs, Annette van Eeden.
Ons plaaslike VLV-lede het verskeie gemeenskapsorganisasies soos Suideroord, Suidpunt Dienssentrum en Radio Overberg gehelp met bemark, bak en skou.
Nampo Kaap 2022 was skitterend georganiseer en danksy harde werk agter die skerms het die logistiek glad verloop, effektiewe bemarking (en goeie weer!) het ‘n totaal van 32 600 voete deur die skouhekke gelok en 5 000 plus uitstallers kon suksesvol bemark en verkoop en selfs borge vir landbouverwante navorsing werf volgens Professor Sandra Lamprecht van die Universiteit Stellenbosch.
Danksy die ekonomiese inspuiting van dié landbouskou is daar verdere opgradering van die skouterrein in sig, soos die organiseerder, Henk Aggenbach, in sy slottoespraak aangekondig het.
Ons sien met verwagting uit na die volgende Nampo Kaap hier op Bredasdorp.
Marinda van der Walt van Gansbaai Courant was ook daar en sê al die VLV foto’s is nou afgelaai en beskikbaar vir bestelling.
Gaan na http://www.togmatix.co.za/gallery_view/34
VLV KONGRES 2022
As jy besluit om ‘n foto te bestel, druk 2 maal daarop (double click). Wanneer jy deur al die foto’s is, gaan na view cart (regs bo). Daar kan jy nog veranderings aanbring as jy dalk ‘n foto wil verwyder van jou bestelling af. Wanneer jy tevrede is met jou keuse, gaan na check out en kies guest check out (as daar keuses is). Tik jou besonderhede in en kies jou betaalwyse. Netcash het ‘n EFT funksie. Dan sal jou foto’s na jou toe ge-epos word.
Leave A Comment