Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Jaarlikse beplanning & Bestuursverkiesing
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 14 September 2022
Aberdeen VLV se onlangse vergadering was ‘n mondvol met beplanning vir 2023, asook bestuursverkiesing.
Lea van der Vyver verwelkom al die lede. Met die lente in die lug, open Christelle Nel gepas met ‘n stukkie oor “Verskillende seisoene in jou lewe”. Sy herinner ons dat Die Here weer die lente sal laat aanbreek as dit dalk tans winter in jou lewe is. Gaan sit aan Sy voete en praat met Hom!
VLV sake word bespreek, en daar is spesifiek stilgestaan by Maart 2023 se Sirkel Middelland Konferensie wat deur Aberdeentak aangebied gaan word.
Saamroeper vir Landbou & Tuinbou, Elna van Niekerk, het ‘n opwindende nuwe projek vir die tak. Starke Ayres het R2 000 se saad geskenk wat deur Danie van der Westhuizen, produksie beampte, oorhandig is. Lede en ook inwoners van Aalwynhof, moet die saad plant en wanneer dit geoes word, kan dit aan behoeftiges geskenk word. Na afloop van die vergadering is daar heerlik gekuier.
Dankie aan Maryke Lategan en Elise Steynberg vir die heerlike eetgoed! Maryke Lategan wen dan ook die gelukkige trekking van die dag.
Bekwame Lea van der Vyver is herkies as die tak se voorsitter vir 2023.
Elna van Niekerk, (Landbou & Tuinbou Saamroeper), Danie van der Westhuizen (produksie beampte Starke Ayres) en Lea van der Vyver (Voorsitter)
Pragtige blomme wat die lente aankondig
‘n Stukkie pitkos verleen swier aan die pragtige blomme
Die teetafel het behoorlik gekreun onder die lekkernye!
Leave A Comment