Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Leefstyl en Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 13 September 2022
Dit is weer tyd vir Intertak en hierdie keer is dit Kraggakamma se beurt om dit aan te bied. Die koel dag help nie om ons tema van “piekniek” te weerspieël nie, nogtans is die saal getooi in al die kleure van `n heerlike lentedag!
Mariaan Scholtz wys hoe om jou eie mooi papier te maak. Alhoewel dit nie meer so in aanvraag is vir troukaartjies nie, word dit steeds gebruik vir spyskaarte en groetekaartjies.
Die lede kuier lekker saam en smul aan heerlike eet- en drinkgoed.
Mooi versierde tafels en hoekies vir piekniek
Mariaan Scholtz demonstreer hoe om te werk te gaan!
Rina van den Berg deel `n komiese storie.
Die kompetisie wenners is Irene Meiring, Marlene Erasmus, Margaret van der Mescht en Sanita Landman.
Leave A Comment