Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 13 September 2022
Dis heerlike lente
Taklede van Klein-Brakrivier het lente en Internasionale Boomplant week gevier deur in die tuine van die Groot-Brakrivier stasie te wandel en ‘n draai te maak by verlede jaar se geelhout boompie wat daar geplant is.
Hierdie jaar is ‘n koorsboom geplant.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Acacia
Spesie: A. xanthophloea
Binomiale naam: Acacia xanthophloea
Engelse naam: Fever tree
Zoeloenaam: umHlosinga of uMkhanyakude
Die koorsboom (Acacia xanthophloea) is inheems aan Afrika. Dit is ‘n boom wat tot 25 meter hoog kan groei. Die baskleur is lemmetjiegroen tot geelgroen en is glad met ‘n geel poeier op die oppervlakte. Die boom het lang, reguit dorings wat in pare voorkom. Die boom het dubbelveervormige, saamgestelde blare.
Vroeë pioniers in Suid-Afrika het geglo dat hierdie boom koors veroorsaak, aangesien die mense wat in die gebiede gereis het waar die bome voorkom, koors ontwikkel het – vandaar die naam. Die bome het oorspronklik in gebiede wat moerasagtig is voorgekom. Dit was egter die muskiete wat in die water gebroei en malaria gedra het, wat die oorsaak van die koors was.
Lydie en Cecilia staan by verlede jaar se Geelhout boompie
Cecilia, Meisie, Suzanne, Meisie en Retha was almal daar
The Tree Wisperer, soos Celilia Pieterse bekendstaan, doen haar ding Taklid, Meisie Pretorius gooi nat
Taklid, Tiebie van der Walt help plant
Die nuut geplante Koorsboom
Val Thomson en Vivienne Frey van die GB Bewaararea Groep
Leave A Comment