Sirkel: Worcester
Tak: Ceres
Portefeulje: Leefstyl / Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Louwna Hoving, lhoving@breede.co.za
Datum: 13 September 2022
Modeparade deur lede-mannekyne
Die tak het ‘n modeparade gehou met lede as mannekyne. Lede kon uitrustings gaan uitsoek by Miladys om te vertoon en elke lid het ook ‘n geskenkbewys van R50 ontvang.
Ronel du Toit Ina de Vries
Marjan Starke Mareen van der Merwe
“Vintage”-kledingstukke is deur twee lede vertoon. Die uittredende voorsitter, Vicky Ferreira, het ‘n outydse stola vertoon en die nuutverkose voorsitter, Hannelie van Schalkwyk het haar ouma se pelsjas vertoon.
Vicky Ferreira Hannelie van Schalkwyk
Tydens die vergadering is die basiese voorbereiding van die voetstuk vir die potplanthouer ge-demonstreer en wenke vir die Waterdruppelweerkaatsing-fotografiekompetisie deurgegee.
Leave A Comment