Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Datum: 30 Augustus 2022

Beriggewer: Hermien Van Zyl

 

VLV doen dit in Afrikaans!!

VLV-Kleinmond se Augustus-maandvergadering was ‘n viering van Afrikaans en die mooi, fyn dinge in ‘n vrou se lewe soos die vreugde van lees, musiekwaardering en om ‘n bos blomme te herrangskik. Op elkeen se stoel was ‘n kaartjie met ‘n gesegde van Langenhoven en voor op die verhoog was ‘n pragtige uitstalling van boeke.

Lezette van Jaarsveld by die boeke-uitstalling wat sy op die verhoog gemaak het.

 

 

Een van die plakkate oor Afrikaans.

 

 

Susan Froehlich, die nuwe bibliotekaresse op die dorp, het die lede toegespreek oor die belangrikheid van lees en voorlees, van ‘n jong ouderdom af. Dit verskuif die fokus na ‘n nuwe wêreld en nuwe ervarings, leer van die verlede en gee hoop vir die toekoms. Lees stimuleer en bied oplossings. Gewilde biblioterapeutiese boeke gee veral vir die kind ‘n uitlaatklep om gevoelens te verwerk, situasies te ontlont, mekaar te verstaan, aanpassings te maak soos bril dra of by nuwe maats en omgewing inpas, selfs molestering, outisme, middelkindsindroom en potty training kan só makliker verstaan word.

Lezette van Jaarsveld(links) en Marianne de Wet, taksaamroeper Opvoeding & Kultuur, (regs) saam met Susan Froelich, spreker.

Thinus Ries, bekende klavierspeler en begeleier, nou afgetree op Kleinmond, het met die samesang van ‘n potpourri van Afrikaanse liedjies die begeleiding gedoen en daarná die belangrikheid by die lede beklemtoon dat kinders wat belangstelling in musiek toon, van jongsaf aangemoedig moet word. “Koop ‘n popklaviertjie vir ‘n kleinkind, dan later ‘n regopstaande een en maak ‘n belegging in die kind se toekoms”sê Ries. Sy maats wat liewer smiddags rugby geoefen het, kan nie nou meer speel nie, maar hy wat klavier geoefen het, hy speel nog!

Thinus Ries, begeleier van die samesang, het ook met toepaslike klavierspel vir Hermien van Zyl, sekretaresse, gelukgewens met haar verjaarsdag.

Bykomend het Lelani Brits en haar assistent Adie du Plessis demonstreer hoe koop jy ‘n bos blomme en hoe rangskik en versorg jy dit verder. Sy beveel aan dat jy eerstens kyk of die stingels vars is, en veral by fynbos dat dit nie reeds dooie blare het wat ‘n sterk reuk afgee nie. “Gooi ‘n eetlepel suiker en Jik in die water, sny die stingel se punt skuins af en stroop alle loof af wat in die water kan verrot. Vul die houer gereeld met vars water en verwyder dooie blomme”, is Lelani se raad aan die gehoor.

Lelani Brits (links) en Adie du Plessis(regs), die rangskikspan van FLOREER-Bloemiste, saam met Marianne de Wet, saamroeper.

 

 

 

 

Een van die mooi demonstrasierangskikkings met fynbos.

 

 

 

 

 

Tydens die Porselein- en Keramiekfees wat eersdaags op Kleinmond gaan plaasvind, bied die VLV ‘n High Tea aan en die Leefstylgroep het ‘n voorbeeld van ‘n tafel gedek sodat die gasvroue kon sien hoeveel spasie is daar op die beskikbare tafels.

Die gedekte teetafel vir ‘n High Tea.

Wenners van die gelukstrekkings v.l.n.r. Jean Landman, Sysie du Toit, Marie Buys, saamroeper Marianne de Wet en Mercia du Toit.

 

 

 

 

 

“Kom lente, liewe lente…….”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hermien van Zyl, ‘n waarnemer, het m.b.v. ‘n fotoalbum verslag gedoen van die VLVK-kongres