Sirkel: Overberg

Kongres 2022

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 18 Augustus 2022

 

Wicus Pretorius, Redakteur van Tuis- en Home tydskrifte het die VLVK dames op die Kongres op Gansbaai op 18 Augustus gefassineer met die modeneigings in binnenshuise versiering soos “bring die tuin in die huis” met plante en plantontwerpe op materiaal en muurpapier. Aksentstoele in die leefvertrek (Mr Price Home sal nie sy geel stoel uit sy katalogus haal nie, want dit gee aksent en dit verkoop!), aandagsoekende kleredrag, ekonomiese tendense soos winkelrakke vol troeteldiergebruiksartikels, veranderende eetpatrone en die algehele dopamien “dressing” gaan in 2022/2023 “her-leef” na afloop van die Covid-19 inperkingsperiode.

 

Pretorius het ook sy gedagtes met die plaaslike gemeenskapsradio, Radio Overberg fm, gedeel waarop luisteraars baie gunstig gereageer het.

In kort: Vier jou kreatiwiteit!

 

 

 

 

 

 

 

Elsabé Carstens, Sirkelpresident  Weskus is ‘n toonbeeld van “her-leef” met haar opvallende dopamien klerestyl].

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

      
Geel aksentstoele