Sirkel: Overberg

Kongres 2022

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 19 Augustus 2022

 

Klimaatsverandering

Spreker by VLVK Kongres 2022 op 19 Augustus op Gansbaai skok met feite.
Ongeag wat ons nou doen om die planeet te red, vul klimaatsverandering kundiges soos professor Chris Engelbrecht met groot kommer. Hy sê o.a. “Dit is ‘n feit dat ons kinders ‘n moeiliker lewe as ons gaan hê” as gevolg hiervan.

Aardverwarming en die feit dat die suurgehalte in die oseane nou 25% hoër is as die laaste miljoen jaar ( en teen ‘n vinniger tempo verander) het ‘n hoë impak op die mens. Konserwatief geskat, sterf 200 spesies per dag uit.

Onuithoudbare klimaatstoestande het groot migrasie uit Sirië na Europa tot gevolg gehad.  Die hoofrede hiervoor was die verlies aan beskikbare kos in Sirië  a.g.v. verhitting (en nie die oorlog in Sirië nie). Hierdie grootskaalse migrasie het op sy beurt druk op die Europese gemeenskap se voedselbronne geplaas.

Die media is geneig om ‘n afgewaterde beeld hieroor te reflekteer. Ons het ‘n aanspreeklikheid om – soos die verslaggewer Elise Tempelhoff – die publiek oor die realiteite van klimaatsverandering ingelig te hou.  Sien
Elise Tempelhoff: Noodtoestand weens hitte is ‘n teken vir SA dd 19 Junie 2022. Bron: https: www.netwerk24.com

Vrae oor navorsingsresultate van klimaatsverandering kan aan professor Engelbrecht gerig word by sseastarr@gmail.com