Sirkel:  Sirkel Weskus

Tak:  Leipoldtville

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer:  Elsabe Carstens

Datum:  24 Augustus 2022

 

Tema: KInders het speel verleer, nou kan ons speel vir leer!

H & H Adventures

Hermien Coetzee & Tillia Kotze

Op ‘n algemene vergadering het Hermien Coetzee en Tillia Kotze vir ons meer kom vertel van wat hulle deesdae doen om kinders meer gevorderd te kry.  Ons kinders se grootste probleem het die sosiale media geword.  Kinders spandeer ure op hulle selfone.  Kinders speel nie meer nie, geniet nie meer die vars lug nie, neem nie aan aktiwiteite deel nie.

Hulle hou kampe waar skole kinders stuur wat moontlike leerlingraad kinders kan of gaan word.  Aan aktiwiteite wat hulle dan op die kampe blootgestel word, kan duidelik gesien word aan die einde van die kamp wie die eintlike leiers is, want in sekere situasies ontstaan iets en dan is dit hoe sekere leerlinge optree wat die aanduiding gee.

Niemand is ooit te vet, te arm of enigsins iets nie.  Almal staan ‘n kans om ‘n leier te kan word.  Almal word net nie altyd raak gesien nie, of kry nie die kans om sy leierskap ten toon te stel nie, maar dan op die kampe bied dit aan elkeen ‘n geleentheid, wat wonderlik is.

Skyfies word vertoon van watter aktiwiteite alles gebruik word. Die meeste hiervan natuurlik in die buitelug.

Nadat die dames tee en verversings geniet het, het ons begin met ‘n musiek lirieke raai-speletjie en daarna liedjies uit sekere filmprente.

Daarna het hulle vir ons bekende liedjies begin speel wat ons moes raai en saamsing en watter genot het dit nou nie afgegee nie!

Ek dink almal het vir ‘n uur of twee van al hulle probleme vergeet!

‘n Wonderlike VLV middag.

Ons het ook ons nuwe vaandel van ons tak bekend gestel.  Die wenner was weereens Annette Gilham, spanpoging tuusen Ma en seun.  Hulle het ook die prys gewen vir die ontwerp van die nuwe Sirkel Weskus vaandel.

Ek heg ook hiermee die simboliek aan van ons nuwe Leipoldtville vaandel.

Leipoldtville se nuwe vaandel 24 Augustus 2022.

Die sirkel verteenwoordig die hegte gemeenskap van Leipoldtville vaarvan die kerk die

kern is. Die lammetjie – Die Lam van God.

Ons is rotsvaste mense (die berg) en water is skaars, kosbaar en ons lewensaar

(windpomp en spilpunt).

Niks kan gebeur op Leipoldtville sonder die boerdery gemeeenskap nie: Aartappels,

graan, sitrus, rooibostee, proteas en skaapboerdery.

 

Hier by die vaandel staan van links, Hermien Coetzee, Anne Laubscher, Openbare Sake Saamroeper, Elsabe Carstens, Sirkel President van Weskus.

Voor: Jessi Ruiters en Tillia Kotze

 

 

 

Op die foto’s kan duidelik gesien word hoe sing die dames saam en geniet hulle die musiek!

 

 

Ingesluit is ‘n kort video.

https://youtube.com/shorts/eeFWaku3luk